Skip to content

Jy rig sterk vroue vir Christus op in Indonesië

God gebruik jou vennootskap om die lewens van baie vroue, Gelowiges vanuit ʼn Moslemagtergrond (GVM’s), te verander in Indonesië, waar ʼn onderdrukkende, patriargale kultuur elke aspek van die samelewing oorheers.

Aro*, ʼn vennoot van Geopende Deure in die bediening, identifiseer jong vroulike GVM’s wat potensiaal toon om leiers te kan wees. Hierdie geheime gelowiges en toekomstige leiers word deur een missie verenig: om God se Koninkryk en liefde op aarde uit te brei.

Baie jare gelede het Diva* (19, bo) gedink die heiligste persoon is Mohammed. Dit was eers nadat haar Christenmentor, wie sy “per toeval” ontmoet het, haar aangespoor het om dieper te delf dat sy ontdek het dat Jesus die enigste weg na saligheid is.

Vandag, deur te gebruik wat sy geleer het by die dissipelskap-klasse en boeke wat jy gehelp het om te voorsien, sê sy…

“Dit het my geloof laat groei en my meer bewus gemaak van myself: wie my gemaak het, vir watter doel, en wat ek in die lewe moet doen. Ek het dit [met] my ouers en vriende op kampus gedeel, en ʼn paar van die laasgenoemde het gelowiges geword.”

Maar dit is nie net Diva se lewe wat deur hierdie dissipelskap-klasse verander is nie. Jaarliks help jy om meer as 800 nuwe gelowiges in hul geloof op te bou, deur hierdie klasse wat ʼn ondersteunende gemeenskap vir gelowiges voorsien waar hulle geestelik kan groei en bemagtig word om die Goeie Nuus in hul gemeenskap te deel.

Dankie dat jy help om vreeslose leiers op te rig in plekke soos Indonesië om te help om God se Koninkryk uit te bou waar geloof die meeste kos!

*Name verander weens sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek