Skip to content

Jy plant hoop in Midde-Oosterse harte

Soos jy dalk weet, verwys die Bybel na die Tigrisrivier wat aandui waar die tuin van Eden ontstaan het. Vandag word hoop aangevuur in die dorpies langs daardie selfde rivier – namate vriende soos jy help om nuwe tuine te plant en werk te voorsien om jou vervolgde broers en susters in Irak te onderhou.

Rafael* woon in die oewerdorpie van Bakhloja – waar slegs ses families oor is nadat die meeste vanuit oorloggeteisterde Irak gevlug het. Maar Rafael se familie was in staat om te bly en ligte vir die Evangelie te wees waar die Here hulle geplaas het – te danke aan ʼn mikrolening wat moontlik gemaak is deur jou ondersteuning.

As ʼn resultaat was Rafael in staat om drie kweekhuise op sy gronde te bou om pampoene te kweek. Hy sê:

“Ek het ʼn familie om voor te sorg – my twee kinders, vrou, ma en skoonma. Met hierdie pampoene sal dit beter gaan!”

In Zakho, ʼn ander dorpie langs die Tigris, sal jy vir Ruben* en Raed* ontmoet – Christene wat van hul huise in Mosoel gevlug het toe die self-geproklameerde Islamitiese Staat die dorpie binnegeval het. Maar jou ondersteuning het gehelp om ʼn mikrolening te voorsien om ʼn klein foto- en video-ateljee te begin. Dankbaar vir jou, sê Ruben:

“Ons was ontwortel en het geen werk gehad nie, maar nou het ons ons eie inkomste.”

ʼn Kerkleier, Youssef*, wie se kerk saam met Geopende Deure werk, deur ons vennoot-organisasie, om die mikrolenings te bestuur, sê:

“Met julle hulp is ons opgelei en voorberei vir hierdie werk [om ontwortelde Christene te help]. Julle het ons geleer om te beplan en om hierdie projekte te deurdink voor ons dit begin. Wat julle vir ons geleer het, leer ons nou vir individue in ons kerk.”

Hy verduidelik dat een mikrolening die kerk gehelp het om ʼn klein Christelike boekwinkel te begin. En nou,

Kerkleier Youssef (links) sê, “Met julle hulp is ons opgelei en voorberei vir hierdie werk [om ontwortelde Christene te help].”
“Werk een familie hier en verdien ʼn inkomste.”

Tot dusver het jou belegging gehelp om meer as 200 mikrolenings-projekte te begin, sodat honderde verdrukte gelowiges hulle eie inkomste kan verdien en kan oorleef.

Najib*, die koördineerder van mikrolenings en toelaes by ons vennootorganisasie, verseker dat elke rand wat jy skenk vermeerder word om gelowiges in nood te help. Hy rapporteer dat:

“Ongeveer 80% vaar baie goed; dit beteken dat begunstigdes suksesvol is in die terugbetaling van die lening in die bepaalde tyd van twee jaar. Sommige ander neem langer om die geld terug te betaal, maar hulle betaal dit terug.”

Soos wat die geld terugbetaal word, word dit herbelê om ander te help.

Dankie dat jy belê in die lewens van ons broers en susters in Irak, sodat hulle hul lewens kan herbou en ʼn helder lig vir Christus kan wees op die frontlinies van ons geloof!

*Name verander vir sekuriteitsredes

Back To Top
Soek