skip to Main Content

Jy het noodleniging gebring aan 10,000 hawelose Christene

Marie is ʼn 73-jarige Christenvrou wat twee jaar gelede van haar huis in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) moes vlug, toe Islamitiese militante haar dorp aangeval het. Sy vertel:

“Ons was binne die huis toe ons ʼn geraas buite gehoor het. Ek is by die agterdeur uit, terwyl hulle deur die voordeur gekom het. Hulle het my man en drie ander, wat saam met ons binne die huis was, doodgemaak.”

Marie en haar kinders en kleinkinders bly nou in ʼn klein klaskamer, uit modder gemaak, en elke oggend moet hulle die klaskamer, tesame met al hul besittings, ontruim totdat skool verby is vir die dag. Marie se kinders wandel gereeld die strate op soek na stukwerk, terwyl selfs Marie, ten spyte van haar ouderdom, stukwerk doen om die gesin te help oorleef.

Maar te danke aan groothartige vriende soos jy, is Marie en haar familie onder die vele intern ontwortelde Christene wat noodleniging van Geopende Deure ontvang.

Marie was so dankbaar – in haar eie woorde, “Dankie! Dit sal my en my familie so baie help…. Ek dank die Here vir hierdie geskenk, en mag Hy julle seën!”

Nog meer merkwaardig is dat Marie daarop aangedring het om die bietjie wat sy het, te deel met ons Geopende Deure-span wat hierdie noodleniging namens jou afgelewer het. Sy het ʼn pynappel voorberei om hulle te “seën” met ʼn gedeelte van dit wat die Here deur vriende soos jy voorsien het!

Jou ondersteuning het gehelp om broodnodige kos, en meer, aan omtrent 10,000 intern ontwortelde Christene soos Marie in die DRK te voorsien, om hulle te help om hul haglike omstandighede te oorleef. Dankie dat jy vir hulle hoop gebring het!

Back To Top
Soek