Skip to content

Jy help Saman en Darya om hul passie vir die Evangelie te herontdek!

Die aand waarop Saman* en verskeie ander kerklidmate in hegtenis geneem is, was Darya by die huis. Maar sy onthou steeds die pyn wat sy daardie aand gevoel het…

“Toe ek hoor dat daar ʼn klopjag op die mans se byeenkoms uitgevoer is, het iets in my doodgegaan. Op ʼn manier was ek teleurgesteld in die Here.”

Afgesien van die sielkundige en fisieke uitwerkings, kan gevangenskap iemand se geloof ʼn ernstige knou gee – en ook die geloof van hul vriende en families.

Nadat Saman die tronk verlaat het, het die owerhede hom steeds dopgehou. Om ander gelowiges te besoek was egter onmoontlik. Eindelik, het hy uit Iran gevlug saam met ander kerklidmate; maar selfs in die veiligheid van sy nuwe huis, het hy geestelik swaargekry.

“Ons het gebid, maar nie soos voorheen nie,” het Saman gedeel. “Ons het uit die Bybel gelees, maar dit moeilik gevind om te ontvang. Ons het by ʼn plaaslike kerk ingeskakel, maar daar was nie enige spesiale versorging vir ons nie.”

Toe Darya uiteindelik by die groep aangesluit het, het sy verwag dat haar ou kerkvriende net nóg meer passievol en aktief sou wees. Maar in plaas daarvan, was hulle stil en depressief.

Dit is toe wat vriende soos jy ingetree het om vir Saman en Darya te help genees van hul sielkundige en geestelike wonde deur ʼn traumabewustheid-seminaar, wat deur ʼn vennoot georganiseer is, wat deur Geopende Deure ondersteun word. Gedurende hierdie vyfdag-konferensie, het hulle praktiese onderrig ontvang oor trauma, wat gevolg is deur kunsterapie en spesiale boodskappe vanaf pastore oor onderwerpe van vervolging vanuit ʼn Bybelse perspektief

“Dit is goed om my kerkvriende hier te sien,” deel Darya. “Ek sien hoe hulle weer  verfris word, hoe die vuur stadig weer begin brand. En hoe die vuur in my ook weer begin brand!”

Dankie dat jy Saman en Darya help om te genees van hul wonde, en om hul passie vir die Evangelie te herontdek. En dankie vir enige geskenk wat jy gelei voel om vandag te gee, om meer broers en susters soos hulle te help wat leef waar geloof die meeste kos.

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

*Verteenwoordigende naam gebruik weens sekuriteitsredes.

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top