Skip to content

Jy help pastore om sterk te staan waar geloof die meeste kos

Om die Evangelie te deel en vir Gelowiges vanuit ʼn Moslemagtergrond (GVM’s) te sorg is gevaarlik in die Horing van Afrika—en Mose* het ʼn ondenkbare prys betaal.

 

Mose* het vir Ishmael—ʼn voormalige imam—na Christus gelei en hom ingeneem nadat Moslems gedreig het om hom dood te maak. Maar toe het Moslems vir Mose by sy huis ingewag.

“Ek was nie daar nie, maar hulle het my dogter gevind,” het Mose verduidelik. “Hulle het haar doodgemaak en haar liggaam in die bos gegooi. Sy was ons eersgebore dogter. Dit was vir ons so moeilik om die brutaliteit van haar moord te verwerk.”

Mose en sy vrou was verbysterd, tot op die punt dat hulle amper hul bediening opgegee het. “Dít was een van die grootste uitdagings wat ons ooit in die gesig moes staar. Maar ons het tot die Here gebid om ons te versterk. En soos julle kan sien, verkondig ons steeds die Evangelie,” het hy gesê.

Om hom verder in sy bediening te versterk, het Mose ʼn drie-jaar teologiese kursus, ʼn Standing Strong Through the Storm-seminaar, en ʼn kruis-kulturele evangelisasie kursus bygewoon. “Al hierdie opleiding het my bediening bemagtig,” het hy gesê.

Vandag is Mose deel van ʼn netwerk van pastore wat jy gehelp het om toe te rus en te inspireer om behoorlik om te sien na GVM’s. “Ons is goed toegerus, en ons dank God vir Geopende Deure en ander wat in vennootskap met ons werk,“ het Mose gesê.

Te danke aan jou ondersteuning is die Kerk in die Horing van Afrika in staat om GVM’s te versterk in hul geloofsreis. Bid asseblief vir Mose, en ander leiers soos hy, wat die hoogste prys betaal vir die uitbouing van God se Koninkryk.

 

*Naam verander en verteenwoordigende foto gebruik vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek