Skip to content

Jou ondersteuning help Noord-Koreaanse vroue om hoop in Jesus te vind!

Die mensehandel van Noord-Koreaanse vroue na China, vir seksuele uitbuiting, is ʼn voortdurende probleem. In die hoop op ʼn beter toekoms buite die verdrukking van hul tuisland, word baie van hierdie vroue onder valse voorwendsels na China gelok. Maar die oomblik wat hulle die grens oorsteek, word hulle as bruide verkoop.

Saam met vriende soos jy, kan Geopende Deure langs hierdie vroue kom staan om die hoop van Jesus met hulle te deel, en hulle te voorsien van ’n barmhartige gemeenskap om hulle te help om in hul geloof te groei.

Hierdie afgelope jaar, het meer as 200 Noord-Koreaanse vroue wat slagoffers van mensehandel is, hoop en genesing gevind deur ons maandelikse Vroue-tot-Vroue byeenkomste. As onwettige inwoners in China, is dit baie gevaarlik vir hulle om deel te neem; maar afgesien van die gevaar kom hulle om van Jesus te hoor en om bemoedig te word deur God se Woord.

Dankie dat jy help om dit moontlik te maak. En dankie vir enige geskenk waartoe jy vandag gelei word om te gee, om meer gelowiges te bemoedig wat leef waar geloof die meeste kos.

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek