Skip to content

Jy help Noord-Koreaanse Christene om te oorleef

Op die oomblik in Noord-Korea is miljoene mense ondervoed en afhanklik van beperkte staatsrantsoene vir oorlewing.

Alhoewel dit nie so ellendig gaan soos gedurende die wydverspreide hongersnood van die 1990’s, waar miljoene dood is, nie, bly die voorsiening van basiese behoeftes ʼn uitdaging, en Noord-Koreane is desperaat vir hulp.

Een segspersoon in die land het onlangs met ons gedeel…

“In die winter is daar niks om te eet nie. Ons moet addisionele belasting betaal, asook ʼn patriotiese voedsel-versamelingskoste, selfs al is daar te min voedselrantsoene van die regering af.

“Deesdae ly mense aan erge verhongering. Meeste mense ly aan wanvoeding. Boonop kan ons ook nie ons verhittingstowe gebruik nie, want daar is niks vuurmaakhout nie.”

Dít is die situasie wat ons Christenbroers en -susters in Noord-Korea daagliks konfronteer, en die rede waarom jou ondersteuning om te help omsien na hulle behoeftes, so ʼn geredelike seën is!

Deur jou vennootskap om programme soos Food for Life te ondersteun, help jy om tienduisende Christene van kos, medisyne en klere te voorsien.

Soos een huiskerkleier onlangs vertel het…

“Ons kan onsself nie voorstel hoe ons sonder julle besorgdheid, leiding, ondersteuning en liefde sou oorleef nie. Wanneer ook al ons die moeilike en genadelose storms ervaar, onthou ons dat julle vir ons omgee. Julle liefde en sorg is ʼn intrede tot ons omstandighede, net soos die lente ʼn intrede tot die yskoue winter is.”

Deur jou vennootskap om programme soos Food for Life te ondersteun, help jy om tienduisende Christene van kos, medisyne en klere te voorsien!

Trouens, jou ondersteuning is so belangrik dat toe ons dit oorweeg het om geskenke vir voedselvoorraad te herbestem om die Noord-Koreaanse Kerk in ander areas te help, het ʼn kerkleier ʼn dringende boodskap gestuur en gesê, “Asseblief, neem enige besluit wat julle moet… maar moet asseblief nie die hoeveelheid kos wat julle vir ons stuur verminder nie. Julle weet nie hoe dit is om honger te ly nie.”

Die Noord-Koreaanse Kerk kan eenvoudig nie funksioneer sonder die kos en ander dringende hulp wat jy help voorsien nie. Maar te danke aan jou, ontvang Noord-Koreaanse Christene nie net kos nie, maar word hulle ook bemoedig en bemagtig in die geestelike stryd vir Noord-Korea.

Een gelowige het vertel dat jou ondersteuning die “bewys is dat God bestaan… en dat Hy ons nie vergeet het nie.”

So weereens dankie vir jou vennootskap en gebede om Noord-Koreaanse gelowiges te help oorleef en vas te staan vir Christus waar geloof die meeste kos.

*Verteenwoordigende foto’s gebruik.

Back To Top
Soek