Skip to content

Jy help geheime gelowiges om hul geloof te vier

Met die ondersteuning van vriende soos jy, hou Geopende Deure Kersvieringe in lande waar vervolging die hewigste is. Dit is ʼn geleentheid vir gelowiges om byeen te kom, en vir broers en susters wat omgee, soos jy, om Christenfamilies te seën met geskenke.

Vir baie geheime gelowiges is hierdie byeenkomste die eerste keer wat hulle en hul families die viering van Jesus se geboorte saam met ander kan geniet.

ʼn Plaaslike Christenleier in ʼn geslote land het onlangs gedeel…

“Ons het nog nooit so ʼn byeenkoms gehad nie. Niemand van enige ander organisasie was bereid om ʼn program soos hierdie te borg nie. Ons ʼn baie bly. Baie dankie Geopende Deure, dat julle dit vir ons doen.”

Nog iemand het bygelas…

“Nie een van die gelowiges in my sorg het al ʼn Kerspartytjie bygewoon sedert hulle tot geloof in Jesus gekom het nie. Nou het hulle Kersfees beleef en geproe! Baie dankie Geopende deure, dat julle dit vir ons doen.”

Jou geskenke en gebede is so ʼn bemoediging vir vervolgde gelowiges. En enige geskenk wat jy gelei voel om hieronder te gee, sal help om hulle te bemoedig deur geheime kersbyeenkomste, mentorskap en opleiding, en deur hulle te voorsien van essensiële benodighede – sodat hulle kan sterk staan in die aangesig van vervolging.

Dankie vir jou ondersteuning – en baie seën die Nuwejaar!

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek