Skip to content

Jy help Ethiopiese Christene om die duisternis te verdryf

By die eerste blik lyk dit soos enige doodgewone skoolgrond. Maar die stowwerige speelgrond in hierdie afgeleë Ethiopiese gemeenskap is die tuiste van ʼn wonderwerk.

Vandag speel Moslem- en Christenkinders gelukkig saam hier – en smee vriendskappe wat eens op ʼn tyd ondenkbaar was.

Pastoor Feyissa* verduidelik hoe dinge vroeër was:

“Voorheen was vervolging algemeen. Moslems wou nie eers gehad het dat ons hul grond betree nie. Ons was net ʼn paar Christene, en ons was bang om in die dorp rond te beweeg. Ons het nooit in die aand uitgegaan nie. Dit was aaklig. Ten minste een kerklid per dag is aangeval.”

Die Christene hier in dié oorheersende Moslemstreek van Ethiopië het konstante aanvalle in die gesig gestaar – selfs teen hul kinders – en verskillende tipes sosiale uitsluiting.

Maar vandag, te danke aan vriende soos jy, het dinge verander! Met jou ondersteuning, het Geopende Deure saam met die plaaslike kerk gewerk om ʼn skool te voorsien, wat ʼn platform geword het vir interaksie en skakeling tussen die Christen- en Moslemgemeenskappe hier.

“Ek weet van niemand anders soos julle wat saam met die kerk werk om die Evangelie te versprei nie. God seën julle…” – Feyissa

Feyissa vertel hoe jy gehelp het om sy visie te verwesenlik:

“Ek het Geopende Deure gevra om die skool te ondersteun wat ek vir sewe kleuterskoolkinders in ons kerkgebou begin het. Hulle het ingestem, en die getalle het vinnig gegroei.”

Vandag dien hierdie skool as ʼn brug tot reg binne die hart van die eens vyandige Moslemgemeenskap, met die helfte van die skool se 800 studente wat vanuit Moslemhuise kom.

“Namate meer en meer Moslems by die skool ingeskryf het, het ons gereeld geleenthede gevind om met die ouers te ontmoet en beter verhoudings met hulle te bou. Nou gee ons selfs berading vir ouers wanneer hulle familieprobleme het, en ons het die geleentheid om die Evangelie met hulle te deel.

“Die vervolging het nie heeltemal verdwyn nie, maar nou sien Christene dikwels hoe Moslems tot hul verdediging kom.”

Die verandering wat in hierdie gemeenskap plaasgevind het, is werklik merkwaardig. En Feyissa is met dankbaarheid gevul…

“Ek wil namens die kerk en die studente erkenning gee aan Geopende Deure. Wat verrig is, is oorweldigend. Niemand anders het ons bedien soos Geopende Deure nie. Ek weet van niemand anders soos julle wat saam met die kerk werk om die Evangelie te versprei nie. God seën julle…

“Aan almal wat vir ons bid en ons ondersteun, wil ek sê: Kom ons hou aan om saam die Evangelie te versprei. Kom ons bou die Koninkryk van God uit. Kom ons bereik die mense van hierdie oorheersende Moslemgebied vir Christus.”

Kry ʼn nader kykie op hoe jou ondersteuning hierdie gemeenskap gehelp het. Klik hier om na “Ethiopian school bridges the gap” te kyk. En dankie weereens vir jou vrygewigheid om God se Koninkryk uit te bou waar geloof die meeste kos.eleë Ethiopiese gemeenskap is die tuiste van ʼn wonderwerk.

*Naam verander en verteenwoordigende foto gebruik vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek