Skip to content

Jy help Dinke en haar familie om te skyn vir Jesus!

Toe Dinke* besluit het om haar seun se voorbeeld te volg, en haar vertroue in Christus te plaas, het sy geweet dat daar nagevolge sou wees.

Sy vertel…

“My man het my begin sien as die vyand. Hy het die landerye gevat, ons uit die huis gejaag, slotte aan ons eiendom gesit en ons net gelos. Dit het my gedwing om skuiling te soek, ver van die huis af. Maar die Here het ons baie gehelp deur Geopende Deure.”

Saam met vriende soos jy, het Geopende Deure die regsonkostes gedek om Dinke te help om haar huis en haar kinders se erfporsie terug te kry. Nou skyn die familie hul lig vir Jesus in hul gemeenskap!

Soos Dinke onlangs gesê het, na ʼn kuier met ons vennote op die grond…

“Die Here is getrou. Hy het my en my familie nie verlaat nie. Soos ons vorentoe gaan, sal God saam met ons gaan. Sy krag vloei deur ons. Ons wil graag sê, ‘God seën jou,’ aan wie ook al vir ons bid en ons ondersteun!”

Dankie dat jy help om Dinke en haar familie te versorg, terwyl hulle skyn vir Christus. En dankie vir enige geskenk wat jy gelei voel om te gee, om meer gelowiges soos sy te help versorg en te bemoedig, wat in plekke woon waar geloof die meeste kos.

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

*Naam verander vir sekuriteitsredes.

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek