Skip to content

Jy help Debora om weer te glimlag!

Net voordat haar man dood is, het hy Debora* daaraan herinner dat God haar nooit sal versaak nie. Maar met geen man, geen huis en ʼn baba om te versorg, het sy gesukkel om sterk te staan in haar geloof.

Maar deur jou hulp, het Debora kos en finansiële hulp ontvang om na haar kind om te sien, en het sy genesing ervaar deur ʼn Geopende Deure trauma-versorgingsprogram.

Nadat sy dit bygewoon het, het sy gedeel…

“Ek besef dat ek nie alleen is nie. Ek is so dankbaar vir mense wat ons gehelp het met berading – vir die manier waarop hulle belangstelling getoon het. My man se mense – familielede van my man – het nooit gewys dat hulle omgee nie. Maar die mense wat ek nie ken nie… het weens God, vir my omgegee. Wanneer ek sit dink ek, ‘God, U lewe werklik!’”

Dankie dat jy vir Debora gehelp het om ware genesing en hoop te vind. En dankie vir enige geskenk wat jy gelei voel om vandag te gee om meer stukkende mense soos sy te help, wat leef waar geloof die meeste kos

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

*Naam verander vir sekuriteitsredes.

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek