Skip to content

Jy bring nuwe hoop aan Meksikaanse Christene wat uit hul huise gesit is

Vir meer as ʼn jaar al, woon 30 evangelistiese Christene soos vlugtelinge in die sentrale Meksikaanse dorpie van Tuxpan de Bolaños. Plaaslike opperhoofde – wie ontstoke is omdat die gelowiges weier om aan die voorvaderlike tradisies deel te neem − het geweier dat hulle na hul huise terugkeer.

“Ek het eenkeer teruggegaan” deel Rosa, wat saam met haar twee jong kinders uit haar huis forseer is. “Hulle het ons met klippe gegooi in die huis waarin ons geslaap het… hulle het gate in die dak en die deur gelaat.”

Die lewe is moeilik.

Maar nou, het nuwe hoop aangebreek – te danke aan vriende soos jy.

Deur jou ondersteuning, is die families toegerus om twee klein besigheidsprojekte op die been te bring. Deur die bak van brood en tradisionele graantortillas, kan die Christene begin om weer ʼn inkomste te genereer om hulle te help om van voor af te begin.

“Ons is nou die plaaslike verskaffer van tortillas aan die munisipale regering,” glimlag Victor, een van die entrepreneurs. “Ons het groot verandering in ons lewens ervaar. Met die hulp van Geopende Deure word ons nou goed deur almal in Bolaños gerespekteer.”

En in ʼn antwoord op hul talle gebede, het die families onlangs verneem dat die Munisipale President van die dorp daarna kyk om ʼn stuk grond te bekom waarop die Christene hul huise kan herbou.

Hou asseblief aan om vir die families te bid – en vir die plaaslike medewerkers van Geopende Deure wat die wetlike reëlings vir die families se nuwe huise sal koördineer.

Enige geskenk wat jy vandag voel om te gee, sal meer gelowiges bemoedig en versterk in gevaarlike plekke van vervolging soos Bolaños… plekke waar geloof die meeste kos. Dankie vir jou ruimhartigheid.

Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus en ons gesalf het, is God.” (2 Koritieers 1:21)

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

*Verteenwoordigende foto gebruik vir sekuriteitsredes.

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek