Skip to content

Jy beskerm jong Christenvroue van ontvoering

In lande soos Egipte is jong Christenvroue blootgestel aan die gevaar van ontvoerings en om dan in die huwelik gedwing te word.

Tans is die ontvoering van Christenmeisies in Egipte hoër as nog ooit van te vore, namate meer meisies elke jaar ontvoer word, gedwing word om tot Islam te bekeer, en ʼn Moslem-man te trou. Een so meisie is 16-jarige Marilyn – sy is verlede jaar ontvoer deur die gebruik van ʼn “liefde”-taktiek.

ʼn Egiptiese man genaamd G, wat voorheen vir ʼn netwerk gewerk het wat Christenmeisies teiken, verduidelik dat, “ ʼn Groep ontvoerders in ʼn moskee ontmoet om potensiële slagoffers te bespreek. Hulle hou Christenhuishoudings dop en monitor alles wat aangaan. So weef hulle ʼn net rondom die meisies om hulle te ontvoer.”

Hy verduidelik verder wat die “liefde”-taktiek is, “ʼn Moslemseun vertel ʼn Christenmeisie dat hy haar liefhet en na Christenskap wil bekeer. Hulle begin ʼn romantiese verhouding totdat hulle eendag besluit om saam ‘weg te hardloop’. Wat die meisies nie weet nie is dat hulle eintlik ontvoer word. Meeste van die tyd sal hulle nie met hul ontvoerder trou nie, maar met iemand anders.”

Marilyn is herenig met haar familie na drie maande in aanhouding.

Marilyn was gelukkig, omdat haar familie en kerk ontdek het waar sy aangehou is, en hulle dit aan die polisie gerapporteer het, wat toe die ontvoerders gearresteer, en Marilyn vrygelaat het. Ongelukkig, vir baie ander ontvoerde meisies, sê Priester S, “Is dit raar vir ʼn ontvoerder om gevang te word en vir die meisie om terugbesorg te word aan haar familie.”

“Een van die redes waarom so min meisies terugkeer huis toe, is dat die polisie nie behulpsaam is nie,” sê hy. Plus, soms help die polisie die ontvoerders deur hulle van gekonfiskeerde dwelmmiddele te voorsien, wat dan gebruik word om die meisies se weerstand af te breek.

Hierdie ontvoerings skep vrees onder die Christengemeenskap. Die hartseersaak is, sodra hulle ontvoer en uitgehuwelik is, sê G dat, “Sommiges na Saoedi-Arabië en na die Golf gestuur word om as huishulpe te werk, en word seksueel uitgebuit en erg mishandel.”

Genadiglik is daar kerkwerkers soos M wat ʼn pad saam met hierdie jong meisies stap. Met jou hulp, ondersteun Geopende Deure – in samewerking met plaaslike vennote en kerke – mense soos M om geleenthede te reël, gemik daarop om die meisies bewus te maak, en dus minder kwesbaar.

“Bewusmaking rakende hierdie kwessie is baie belangrik. Ek leer die meisies oor grense in verhoudings… Ek leer hulle oor hul waarde in Christus en help hulle om ʼn verhouding met Hom te hê. Deur hul selfvertroue op te bou, help ons hulle om minder kwesbaar te wees,” sê M.

Deur kerkwerkers soos M te help, help jy om te verseker dat jong meisies in Egipte onderrig en toegerus word om die taktieke van hierdie ontvoerders te weerstaan. Dankie!

Back To Top
Soek