Skip to content

Jy bemoedig Christene in Niger om sterk te staan tydens toenemende vervolging

Niger is ʼn ingeslote land, wat oorwegend Moslem is, waarvan sleg 65,000 mense uit die sowat 18-miljoen burgers Christene is.

Geweldige armoede en ongeletterdheid is aan die orde van die dag in Niger. Minder as 20% van die bevolking kan lees en skryf. En omdat vervolging teenoor Christene aan die toeneem is, bevind gelowiges in Niger dit selfs nog moeiliker om hul families te onderhou.

Maar deur jou ondersteuning, help Geopende Deure om hierdie dapper Christene te bemagtig deur geletterdheidsklasse. Verlede jaar het 120 studente hierdie opleiding bygewoon, en ʼn verdere 350 is tans ingeskryf.

Lompo is een van die gelowiges wat die geletterdheidsklasse bygewoon het. Hy vertel…

“Voorheen kon ek nie lees of skryf nie, omdat ek gedink het leer is net vir kinders. Maar nou sien ek hoe belangrik dit is om self te kan skryf, en om self die Bybels te kan lees. Baie dankie Geopende Deure.”

Dankie vir jou geskenke en gebede om vervolgde Christene in Niger en regoor die wêreld te bemoedig en te ondersteun. En dankie vir enige geskenk wat jy hieronder kan gee om ander soos hulle te help om voortdurend sterk te staan.

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top