Skip to content

Julle is daar wanneer niemand anders is nie – dankie!

As ʼn Moslem in haar tienerjare het Nadia* die behoefte gehad om God beter te leer ken…

Maar sy het eers regtig na Hom begin soek toe sy 22-jaar oud was. Sy het na Hom gesoek in die Koran, maar kon Hom nie vind nie. Toe het ʼn Christen-kollega begin om met haar te gesels oor God en die Bybel. Ten spyte van alles wat sy gehoor het, het sy haar hart heeltemal gesluit vir God, want as sy sou bekeer kon sy haar familie, vriende en werk verloor.

Dit was eers toe sy amper verdrink het, terwyl sy een dag geswem het, dat sy weer aan God gedink het. “Ek het besef dit is die einde; my lewe is verby. Ek het aan my Christen-kollega gedink, die enigste persoon wat ek geken het wat seker was dat hy hemel toe gaan. Ek het ook besef waarheen ek op pad was… die hel,” het sy gesê.

Terwyl sy by haar huis herstel het, het sy haar Christen-kollega gekontak, “Ek het vir hom gesê, ‘God het vir my ʼn tweede kans gegee, maar ek sal dit op my eie ondersoek. Gee my net ʼn Bybel en ek sal dit lees.’”

Tog, selfs nadat sy die Bybel gelees het, het sy gesukkel om ʼn Christen te word, oordat sy alles kon verloor. Haar vriend het voorgestel dat sy vir God vra om hulp om van haar twyfel ontslae te raak. “Ek het dus in my kamer gesit en vir Hom gesê… as U die God van die Bybel is, sal ek U volg – selfs al weet ek nie hoe nie. Sê my net wat U wil hê ek moet doen, en ek sal dit doen.”

Daardie dag het Nadia haar lewe aan Christus oorgegee – amper 20 jaar gelede. Vandag is sy ʼn volwasse gelowige en een van die leiers in ʼn netwerk van Palestynse Gelowiges vanuit ʼn Moslemagtergrond. Haar ma was so aangedaan oor die veranderinge in Nadia se lewe dat sy ook vir Jesus aanvaar het.

Dit is nie ʼn maklike pad nie, maar jou ondersteuning het Nadia gedurende haar mees beproewende tye gehelp. “Geopende Deure het my prakties, maar ook geestelik ondersteun gedurende die dae wat vir my die moeilikste was.” En jy het haar ook in staat gestel om Christelike leierskapopleiding by te woon.

Te danke aan jou is Geopende Deure vir dekades al teenwoordig in Israel en die Palestynse Gebiede – en ondersteun ons baie ander soos Nadia, hulle hele lewensreis lank.

Maar dit is nie net Nadia wat jy ondersteun het nie. Te danke aan jou is Geopende Deure vir dekades al teenwoordig in Israel en die Palestynse Gebiede – en ondersteun ons baie ander soos Nadia, hulle hele lewensreis lank.

“Julle het ons vir baie jare gehelp…. Baie van ons sukkel met finansies en in die gemeenskap wanneer ons families ons weggooi…. Julle is ʼn reuse bron van bemoediging vir my en baie ander gelowiges hier. Ons sou nie sonder julle kon oorleef nie. Dankie vir julle ondersteuning, julle gebede, en die wysheid wat julle bied aan ons gemeenskap van Gelowiges vanuit ʼn Moslemagtergrond.”

Dankie dat jy ʼn onuitwisbare impak maak op die lewens van gelowiges soos Nadia en tallose ander vanuit ʼn Moslemagtergrond in Israel, die Palestynse Gebiede en die verste uithoeke.

*Naam verander en verteenwoordigende foto gebruik vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek