Skip to content

Jou ondersteuning versterk dapper bekeerlinge soos Dada

Die oostelike DRK is ʼn gevaarlike plek; die tuiste van onverbiddelike sektariese geweld en ʼn groeiende Islamitiese teenwoordigheid.

En vir diegene wat vanaf Islam tot Christenskap bekeer, is die strydende partye en ekstremiste groepe nie die enigste bron van vervolging nie. Dikwels begin die dreigemente baie nader aan die huis.

Die jong, 18-jarige Dada het dít binne ʼn paar weke nadat hy Christus aanvaar het uitgevind. Hy het een aand by die huis gekom, en sy ouers woedend aangetref. Skaam en onteer deur sy nuwe geloof het hulle hom uit hul familiewoning gegooi, en hom op straat gelos om alleen klaar te kom.

Dis bekeerlinge soos Dada wat staatmaak op die essensiële dissipelskapsopleiding wat jy deur Geopende Deure help voorsien. Deur jou ondersteuning, gee jy aan gelowiges soos Dada die wysheid, krag en leiding wat hulle nodig het om sterk te staan vir Christus – ongeag wat.

Dada het onlangs ʼn WhatsApp boodskap ontvang wat ʼn video bevat waarin ʼn man tot die dood gemartel word terwyl sy folteraars laggend staan en toekyk. Die byskrif lees, “Elkeen van julle wat die geloof versaak het, kyk wat gebeur hier. Dit is wat ons binnekort aan jou gaan doen…”

Dada dank God vir vriende soos jy – want dit is jou gebede en ondersteuning wat hom help om sterk te staan in die aangesig van hierdie onlangse dreigement.

Jou voortdurende ondersteuning sal moed en versterking bring aan meer bekeerlinge soos Dada.

Dankie vir enige geskenk wat jy vandag kan gee om hulle te help vashou aan Christus in plekke waar geloof die meeste kos!

“As die wêreld julle haat, onthou: Hy het My voor julle gehaat.” (Johannes 15:18)

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

*Volle naam weerhou vir sekuriteitsredes.

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek