Skip to content

Jou ondersteuning help Hussein om Christus te verkondig!

In die Horing van Afrika is daar baie geheime Christene, wat slegs kontak met ander Christene het deur die radio of digitale metodes. Dit beteken dat nuwe maniere gevind moet word, nie net om die Evangelie te deel nie, maar ook om nuwe gelowiges op te lei.

Hussein* is ʼn Christen van die Horing van Afrika wat groot sukses behaal het om Moslems na die Here te lei. Hy het Christus leer ken toe hy op skool was. Na skool het hy begin werk as ʼn winkelier, maar hy het gevoel dat die Here hom
roep tot die bediening.

“Die Here het vir my die deur oopgemaak om bedieningsopleiding te ontvang, geborg deur Geopende Deure. Daarna, het ek ʼn sendeling onder Moslems geword,” het Hussein gesê.

Oor die jare, het hy honderde Moslems na Christus gelei. Maar die risiko’s bly ook alomteenwoordig. Hy is herhaaldelik deur plaaslike Moslems geteiken.

“Op ʼn keer het mense my kos vergiftig en was ek gehospitaliseer. ʼn Ander keer, het dinge so gevaarlik geraak dat ek vir 21 dae in die wildernis moes bly,” het hy gesê. Nadat hy gepreek het en baie Christus aanvaar het, het Moslems hom probeer doodmaak, en die polisie het hom gearresteer. Hulle het ook gedreig om hom te vermoor indien hy nie die dorp verlaat nie.

Toe Hussein uit die tronk vrygelaat is, het hy die dorp verlaat, maar aangehou met sy bediening in ʼn area wat bekend is vir die vervolging van Christene. Daar het hy ook uitdagings in die gesig gestaar, siende dat sy kerk huiwerig was om agter hom te staan, uit vrees dat die toename in bekeerlinge tot meer aanvalle sal lei.

Maar hy het ook God se beskerming ervaar. “Een dag het ʼn persoon, met wie ek die Evangelie gedeel het, vir my vertel: ‘Ek het ongeveer R400 as betaling aanvaar om jou dood te maak, maar ek het nie geslaag nie. Ek kan sien dat God met jou is. Ek wil ook vir Jesus volg.”

Ons is so dankbaar dat, met jou ondersteuning, ons Hussein oor die jare kon help. Verlede jaar, het ons hom van ʼn motorfiets en Bybels op SD-kaarte voorsien, wat noodsaaklik is vir sy bediening.

Hy vertel, “Die motorfiets help my om mense vinniger te bereik… Dit beskerm my ook teen aanvalle. [En] hierdie Bybels op SD-kaarte… is sendelinge, want hulle bring die boodskap aan families en in dorpies sonder dat ek daar is.”

Hy het verder gesê, “Ek dank God vir die broers en susters wat my ondersteun het met opleiding, vervoer, elektroniese Bybels en [hul] teenwoordigheid. God seën julle!”

Jou ondersteuning stel Christene soos Hussein in staat om dapper te volhard in hul bedieningswerk in van die gevaarlikste plekke op aarde. Met jou liefde en ondersteuning, kan hulle vervolging weerstaan terwyl hulle die naam van Christus verkondig waar geloof die meeste kos!

*Naam verander vir sekuriteitsredes.

 

Back To Top
Soek