Skip to content

Jou geskenke en gebede maak ʼn wêreldwye impak

Dankie dat jy deel was van die 2017-2018 Wêreldwye Somersaanslag! Jou geskenke het ons gehelp om amper die doelwit van R10,723,265 te haal, sodat meer vervolgde gelowiges om die wêreld nou die sorg en ondersteuning sal ontvang wat hulle so dringend benodig.

In Asië, Afrika, die Midde-Ooste en om die wêreld, sal ons broers en susters nie vergeet van jou liefde en bereidwilligheid om hulle te versterk, en vir hulle te bid,
in hul tyd van nood nie.

Onthou ook asseblief om te bid gedurende Ramadan – die Moslemmaand van gebed en vas – vanaf 15 Mei tot 14 Junie. Bid vir Christene wat in Moslemareas woon, en ook vir Moslems om Jesus te leer ken. Dankie vir jou ondersteuning en gebede vir die vervolgde Kerk. Saam, bou ons God se Koninkryk uit waar geloof die meeste kos!

Back To Top
Soek