Skip to content

Ivoorkus dorpshoof en dorpenaars word deur die Evangelie verander—te danke aan jou ondersteuning van brawe gelowiges soos Koné*

Koné* is ʼn eggenote en ma van sewe kinders in die Ivoorkus. Sy het groot geword as ʼn volgeling van tradisionele Afrika-gelowe—wat die aanbidding van verskeie geeste en voorvaders behels. Maar die Here het ander planne vir haar gehad.

Nadat sy tot Christenskap bekeer het, het Koné, vanweë haar geloof, gereelde beledigings, loesings en doodsdreigemente van haar man af verduur. Hy het selfs hul kinders teen haar gedraai.

Maar Koné het dit deurstaan en voortgegaan om met vreugde en in dapperheid die Evangelie met haar bure te deel. Deur haar getroue getuienis het baie in die dorpie tot geloof gekom, insluitende die dorpshoof, Otto*.

ʼn Klein kerk van ongeveer 30 lede is gevestig. Hulle staar baie druk in die gesig. Maar ten spyte hiervan, is hierdie grootliks ongeletterde groep entoesiasties om die Here te dien. Jou ondersteuning stel Geopende Deure in staat om nou betrokke te wees om hierdie brawe groep Christene by te staan in hul missie om Christus te verkondig.

Jou ondersteuning het gehelp om ʼn kerkgebou en ʼn audio-Bybel te voorsien, wat dankbaar ontvang is deur die baie nuwe Christene wat nie kan lees nie. Koné deel hierdie audio-weergawe van God se Woord met die groep wanneer die plaaslike sendeling nie na hulle kan kom nie. Christene van vyf naburige dorpies woon ook Geopende Deure se dissipelskapklasse by die kerk by.

Geopende Deure het ook die dorpshoof, Otto, opgelei om geletterdheidsklasse aan te bied; hy lei tans 19 gelowiges op om te lees en te skryf. En deur jou ruimhartigheid, sal hulle binnekort ook ʼn graanstamper ontvang wat dinge vir hulle makliker sal maak, aangesien hulle mielies groei, maar ver moet reis om dit te laat maal.

“Julle het hierdie kerk opgerig en hierdie geletterdheidsklasse moontlik gemaak. Al die leerders is baie gelukkig oor die geleentheid om te kan leer lees en skryf.” —Otto*

“Ek dank Geopende Deure vir al hierdie werk in ons area,” het Otto gesê. “Julle het hierdie kerk opgerig en hierdie geletterdheidsklasse moontlik gemaak. Al die leerders is baie gelukkig oor die geleentheid om te kan leer lees en skryf. Binnekort sal ons ook ʼn graanstamper ontvang wat ons sal help om ʼn bestaan te maak.”

Deur dit alles het Koné ook ʼn paar positiewe veranderinge in haar persoonlike lewe gesien. Haar man is meer verdraagsaam teenoor haar geloof.

“Dinge het nou meer draaglik geword,“ het Koné gesê. “Dank God daarvoor! My krag is gebed. In alles wat ek vir my man doen, bid en vra ek God om Sy waarheid aan hom te openbaar.”

Dank die Here dat Hy hierdie groep tot geloof in Hom gebring het, en vir hulle entoesiasme om die Evangelie met die rondom hulle te deel. Mag hul getuienis baie ander tot geloof in God bring, insluitend Koné se man en kinders!

Back To Top
Soek