Skip to content

Islamitiese Staat laat nog Christene vry

Die Islamitiese Staat het die afgelope naweek 22 Assiriese gyselaars – hoofsaaklik Christenvroue en -kinders
– vrygelaat.

Volgens World Watch Monitor het Islamitiese Staat (IS) die afgelope naweek 22 Assiriese gyselaars, geïdentifiseer as Christene, in Sirië vrygelaat. Sestien van hulle maak deel uit van die 253 gyselaars wat deur IS gevange geneem is toe IS in Februarie 2015 dorpies aan die Khabur-rivier in die Hassaka-provinsie van Sirië, binnegeval het. Die ses ander gyselaars wat vrygelaat is, is in Augustus gevange geneem in Qaryatain, Sirië.

73 van die oorspronklike 253 gyselaars word steeds deur IS aangehou. Oor die afgelope tien maande het vrylatings sporadies gebeur; die mees onlangse vrylating was op die 14de Januarie toe 16 vrygelaat is. Hierdie Islamitiese militante groep hou steeds 179 Assiriese gyselaars aan wat gevange geneem is tydens die inval van Qaryatain.

A Demand for Action, ʼn groep gebaseer in die Midde-Ooste wat hul beywer vir die vrylating van die gyselaars, het gesê hulle werk “dag en nag om seker te maak dat almal veilig herenig word met hulle families.”

Sirië is #5 op Geopende Deure se 2016 Wêreldwaarnemingslys van plekke waar Christene die ergste vervolging ervaar. Vir ʼn volledige lys, klik hier.

Back To Top
Soek