Skip to content

Hoe het meer as 800,000 stemme gehelp om hoop te bring vir die Midde-Ooste?

Ten einde ʼn hoop en ʼn toekoms vir Christene en ander geloofsminderhede aan te moedig, het Geopende Deure in 2016 die Hoop vir die Midde-Ooste-veldtog geloods. In ʼn poging om die wêreldwye Kerk te mobiliseer om die Christene in die Midde-Ooste te ondersteun, het Geopende Deure die Een Miljoene Stemme van Hoop-petisie geloods. ʼn Fenomenale totaal van 808,172 handtekeninge is ingesamel – die meeste handtekeninge nóg wat Geopende Deure ingesamel het! (Hooffoto: Noeh buite die VN in New York met ʼn sertifikaat van die petisie. 808,172 mense van 143 lande het die petisie geteken.)

Waarvoor is die handtekening gebruik?

ʼn Span van Geopende Deure, tesame met 12-jarige Noeh, sy pa en ʼn kerkleier, Benham (al drie van Irak), het in Desember 2017 deelgeneem aan hoë-vlak vergaderings by die Verenigde Nasies (VN) in New York en die Een Miljoene Stemme van Hoop-petisie aan die VN Sekretaris-Generaal se kantoor voorgehou. Die kantoor het ook ʼn spesiale geskenk van Noeh ontvang… sy albasters, vol stof en misvorm. Dit was al wat hy in sy huis in Karakosj gevind het, nadat dit deur ISIS vernietig is. “Hierdie is seker die mooiste Kerkgeskenke wat ons hierdie jaar sal kry, want dit is uit jou hart uit en van jou huis af,” was die woorde van Kyoko Shiotani, een van die VN-amptenare.

Noeh soek deur die verbrande oorblyfsels in sy kamer in Irak en dan, tot sy groot verbasing, vind hy sy albasters in die puin.
Noeh gee sy verbrande albasters, wat hy van sy huis in Irak gebring het, as ‘n geskenk aan amptenare by die VN.

 

 

 

 

 

 

 

 

Ander afsprake met hooggeplaaste amptenare sluit in vergaderings met die Verenigde State (VS) se adjunkpresident, Mike Pence, en met Britse eerste minister, Theresa May, in Londen. By dié vergadering het ʼn Siriese kerkleier, Daniel, ʼn Bybel wat deur ekstremiste gebrand is aan Theresa May oorhandig. Hy het gesê, “Ons kan meer Bybels laat druk, maar as my mense brand, wie sal daar wees om dit te lees?” Hierdie het haar so diep geraak, dat sy dit in Februarie in die parlement genoem het, en onderneem het om ondersoek in te stel oor wat gedoen kan word vir vervolgde Christene.

Eerste minister, Theresa May, ontvang ʼn Bybel wat deur ekstremiste verbrand is. Dié gebaar simboliseer die hoop van die Christene in Irak.

Watter effek het die veldtog tot dusver gehad?

Alhoewel een van die sleuteldoelwitte van die veldtog is om ʼn toekoms vir Christene en ander geloofsminderhede in die Midde-Ooste te verseker, is die veldtog ook daarop gemik om die plaaslike Kerk in die Midde-Ooste te bemoedig, deur ondersteuning en gebede van Christene regoor die wêreld. Soos Behnam gesê het, “Hierdie drie en ʼn half jaar was ʼn groot wonderwerk… want ons het uitgevind dat die Kerk om die hele wêreld heen saam met ons staan.”

Die impak van die veldtog is reeds sigbaar. In Januarie het die VS en VN, $55 miljoen beloof om Christenareas is Irak te herbou. (Geopende Deure is een van slegs 12 organisasies wat geraadpleeg is oor hoe om die fondse aan te wend.) Die Britse regering het ook onlangs befondsing aangekondig om te help om minderhede in die versoeningsprojekte in Irak te betrek. Beide hierdie uitkomstes is antwoorde op ons gebede en die petisie!

ʼn Irakkese familie buite hulle huis wat herbou is deur plaaslike vennote van Geopende Deure.

Buiten die handtekeninge, het Geopende Deure-ondersteuners ook hierdie veldtog finansieel ondersteun en die fondse is gebruik om 1,500 huise in Karakosj te herbou. Christene in Irak is waarlik dankbaar. “Dankie dat julle die petisie geteken het om die Christene en mense van Karamles te help. Ek hoop dat julle ons eendag sal kan besoek wanneer daar vrede is,” het Noeh gesê.

Wat doen ons nou verder?

Die Een Miljoen Stemme van Hoop-petisie is deel van ʼn sewe jaar lange veldtog om ʼn stem vir die Kerk in Sirië en Irak te wees deur bewustheid te skep, en ondersteuning en gebed aan te moedig – ons begin nou maar eers! Die petisie mag dalk afgehandel wees, maar die veldtog is nog nie verby nie. So moet asseblief nie ophou om te bid vir die Kerk in die Midde-Ooste nie. Bid vir die sukses van beplande projekte, asook vir diegene wat in vreedsame areas woon, dié wat vasgevang is in die kruisvuur, en dié wat in vrees lewe. Saam kan ons aanhou om hulle op te lig in gebed voor ons Here. Dankie!

Irakkese Christene vier Palmsondag in hulle bevryde dorpies verlede jaar.

 

Back To Top
Soek