Skip to content

Help vervolgde kinders soos Abraham

Vir Christenvroue wat lewe waar geloof die meeste kos, is dit baie moeiliker, en gevaarliker, as wat ons onself kan indink.

Die mees onlangse data van Geopende Deure se World Watch navorsingspan, toon dat daar daagliks SES VROUE verkrag, seksueel geteister of in huwelike gedwing word oor hul Christelike geloof.

So baie ander ervaar uiterse swaarkry, verlies en trauma. En wanneer hulle deur hul families en gemeenskappe verwerp word, kom hul enigste hoop en ondersteuning van die wêreldwye Liggaam van Christus.

Dit is waarom jou reaksie vandag so noodsaaklik is, voor die Nooit Alleen 2019-2020 veldtog tot ʼn einde kom.

Jou beste geskenk vandag om die R10 872 000-doelwit te help bereik teen 31 Januarie, sal ons vervolgde susters wys dat hulle nie alleen is nie –  namate jy praktiese, geestelike en emosionele hulp voorsien wat hulle so dringend nodig het.

Namens hulle, baie dankie.

Back To Top
Soek