Skip to content

Help onderhou duisende ontworteldes in Nigerië

Moslem Fulani-veewagters is al vir ʼn geruime tyd in konflik met Christenboere. Maar die mees onlangse aanval op 23-24 Junie was veral wreedaardig.

Soveel as 200 mense is nou dood. Duisende is ontwortel. En ander word steeds vermis.

Geopende Deure het amper onmiddellik gereageer met rys, mielies, olie, tamatiesmeer en toiletware vir meer as 3,000 vlugtelinge in kampe by kerke in die Heipan-gebied. Toe die voorraad arriveer, het sommige in vreugde uitgeroep, terwyl ander in trane uitgebars het.

Mary Dung was een van hulle. Sy het vertel…

“Julle het antwoord gegee op ons uitroep. Selfs die regering het nie gedoen wat julle vir ons gedoen het nie. Ons is inderdaad dankbaar.”

Die pad tot herstel is baie lank vir hierdie susters en broers – wat die rede is waarom jou antwoord nou so belangrik is. Gee die beste geskenk wat jy kan hieronder om te help om dié te onderhou wat deur die onlangse Fulani-aanvalle in Nigerië ontwortel is.

En bid vir genesing en vrede. Soos Mary gevra het…

“Bid dat God ʼn einde sal bring aan al hierdie moorde, want ons is haweloos, vaderloos en verwees gelaat as gevolg van die aanvalle.”

Dankie dat jy God se liefde deel waar geloof die meeste kos.

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top