Skip to content

Help om vervolgde kinders in Indië te wys dat hulle nooit alleen is nie

Al hoe meer kinders in Indië word in hulle skole en gemeenskappe geslaan, verneder en uitgesluit oor hul geloof in Jesus. In die ergste gevalle word hulle verkrag of selfs vermoor.

Vir 11-jarige Saree*, het haar geloof beteken dat sy uit haar huis geskop is en deur haar familie onterf is. Saree vertel…

“My broer en pa het geskree, ‘Siende dat jy aanhou kerk toe gaan, sal ons jou straf.’ Hulle het my baie erg geskop en geslaan, en geskree, ‘Los vir Jesus!’ Ek het vir hulle gesê, ‘Ek sal hom nie versaak nie.’ Toe het hulle vir my klere gegee en my by die deur uitgestoot. My pa het gesê, ‘Jy is nie meer my dogter nie. ’”

Saree bly sedertdien by haar Christen-tannie, maar sy kan nie skooltoe gaan nie. En Alhoewel haar geloof sterk is, sê sy wel dat sy soms daaraan dink om Jesus te versaak omdat sy na haar familie verlang.

Namate vervolging in Indië versprei, sukkel meer Christene soos Saree met ʼn gevoel van worsteling, depressie en alleenheid. En hulle kort ons ondersteuning.

Dit is hoekom jou ondersteuning van Geopende Deure se Next Generation-projekte so krities is. Hierdie inisiatiewe fokus op kinders en tieners regoor Indië – om hulle na Jesus te lei, hulle te dissipel en hulle toe te rus om môre se leiers te wees.

Dankie vir jou geskenk hieronder om te help verseker dat hierdie kosbare kinders weet dat hulle geliefd is en ondersteun word. Saam, kan ons verseker dat hulle weet hulle is nooit alleen nie!

*Naam verander vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek