Skip to content

Help om vervolgde Christene soos Reena* vry te maak van slawerny...

Van die oomblik wat sy gebore is, was Reena se toekoms uitgelê in rooi klei. En soos al die ander steenoondwerkers van Sentraal- en Suid-Asië, was dit in die vorm van hopeloosheid.

Toe het haar pa te hore gekom van ʼn netwerk van kerke in Suid-Asië wat saam met Geopende Deure werk – en ʼn spesiale program wat aan vrouens en meisies opvoedkundige onderrig en lewensvaardighede bied, asook die hulp wat hulle nodig het om van hul wonde te genees en los te breek van verdrukkende kringlope van skuld in die naam van Jesus. Reena se pa het daarheen gereis en haar dadelik ingeskryf.

Reena is nou 26 jaar oud, sy weet hoe om te lees en te skryf, en is betrokke by die werk van die bedieningspan in die einste program om meisies te help herstel van die trauma en pyn van die lewe by die oonde, net soos sy. Sy vrygemaak van haar fisieke en geestelike slawerny – en het sy vryheid in Jesus!

Daar is baie ander Reena’s wat hulp benodig. Ons, as die liggaam van Christus, kan hulle wat in hierdie omstandighede vasgevang is, ondersteun!

Dankie vir jou geskenk hieronder om te help om hulle vry te maak van hul slawerny deur onderrig, bedieningsondersteuning, berading, mediese versorging, mobiele kerke, en blywende vryheid deur Jesus Christus!

*Naam verander en verteenwoordigende foto gebruik vir sekuriteitsredes.

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top