Skip to content

Help die Kerk in die Midde-Ooste om op te staan uit die puin

God se mense in die Midde-Ooste is onder beleg en beleef gevaar van alles kante af, terwyl hul stede, dorpe en huise in puin lê. Tog, in die aangesig van hewige teenstand, is hul roeping duidelik:

Herbou die puinhope — fisies en geestelik.

As jy jou Ou Testament ken, mag jy dink ek beskryf die stad van Jerusalem in ongeveer 450 v.C. Met die terugkoms uit ballingskap het die Israeliete die gedugte taak in die gesig gestaar om die stadsmure te herbou.

Maar indien jy vandag se wêreld ken, sal jy weet dat ek ook die huidige situasie beskryf van Christene regoor die Midde-Ooste wat op hierdie oomblik ʼn stryd tot oorlewing voer.

Form_Image_Sept2

Dit is waarom dit so belangrik is dat jy jou beste geskenk hieronder gee vandag, om saam met ons broers en susters in die Midde-Ooste te staan… en hulle te help om hul lewens en die Kerk te herbou.

Jou geskenk vandag sal “dié versterk wat oorbly” (Openbaring 3:2), fisies en geestelik, deur:

  • Bybels en ander hulpbronne te versprei – om beleërde gelowiges met God se Woord te bewapen.
  • Noodleniging en mediese toerusting te voorsien – om genesing en hoop te bring.
  • Huise te herstel en huurtoelae te voorsien – sodat families veilige hawes het.
  • Lewensbestaansopleiding te bied – sodat jou broers en susters in oorloggeteisterde gebiede kan oorleef.

Dankie dat jy die Kerk in die Midde-Ooste help om op te staan uit die puinhope van krisistye – en selfs ʼn helderder baken van lig sal skyn vir Christus te midde van duisternis.

Jou geskenk vandag sal help om hoop te gee waar dit die meeste benodig word!

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top