Skip to content
Loading Geleenthede

« All Geleenthede

  • This geleenthede has passed.

Inspirasie Oggend

8th September 2018 @ 9:30 vm - 2:00 nm

Geniet ’n inspirerende lesersoggend saam met Geopende Deure, Hannelie Groenewald, Jacqueline Leuvennink en Christine Ferreira, redakteur van Lééf. Dié spesiale oggend word in samewerking met Lééf en Lux Verbi aangebied.

 

In 2014 het Hannelie Groenewald (links), ’n mediese dokter van Hartbeespoort, haar gesin in ’n terreuraanval in Kaboel, Afganistan, verloor. In haar boek Terreur in Kaboel vertel Hannelie oor dié verlies en deel sy haar hart en die eerste treë na genesing…

Lééf-skrywer Jacqueline Leuvennik (regs), gaan ook dié oggend met ons gesels oor haar persoonlike belewenis tydens die skryf van die boek Die Vervolgdes. Dié boek is vol vertellinge oor die vervolging (en hoop) van Christene wêreldwyd.

Christine Ferreira, redakteur van Lééf, is die gasvrou vir hierdie spesiale geleentheid.


Datum: Saterdag, 8 September 2018
Tyd: 09:30 vir 10:00
Koste: R120 (sluit ʼn oggendtee en geskenkpak van Lux Verbi in)
Plek: NG Kerk Randburg, Ferndale

 

Kaartjieverkope is nou gesluit, maar jy kan steeds ʼn plek bespreek deur ʼn epos met jou besonderhede aan [email protected] te stuur. (Bespreking is belangrik met die oog op spyseniering.)

Besonderhede

Datum:
8th September 2018
Tyd:
9:30 vm - 2:00 nm
Geleenthede Kategorie:

Plek

DRC Randburg, corner of Dover and Vine Avenue, Ferndale
Corner of Dover and Vine Avenue, Ferndale
Johannesburg, South Africa
+ Google Map
Back To Top
Soek