Skip to content
Loading Geleenthede

« All Geleenthede

  • This geleenthede has passed.

‘We’re Indians Too’ Uitstalling – die Uitroep van Christene in Indië

20th September 2019 - 27th September 2019

Ons nooi jou uit om hierdie maand saam met ons na Indië te reis, deur ʼn visuele- en ervaringsuitstalling om van ons eregaste en helde van geloof te ontmoet. Die uitstalling sal jou deur Indië neem en is saamgestel om bewustheid te skep oor die vervolging wat die Kerk in hierdie land ervaar. Kom ontmoet vir Kuldeep*, Abishek*, Kirti*, Meena*, Sunita* en soveel van ons ander broers en susters vanuit Indië, wat hul lewens vir Jesus aflê.

Indië beklee tans die nommer 10 plek op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys en talle Christene, veral dié in landelike gebiede, staar felle vervolging in die gestig vanaf hul families en gemeenskappe. Sluit by ons aan om meer te leer oor die vervolgde Kerk in Indië, en vind uit hoe jy ons broers en susters kan ondersteun. Die uitstalling is oop vir jonk en oud, en beloof om ʼn opvoedkundige en hartroerende ervaring te wees.

Datum: 20 tot 27 September 2019
Tyd: 08:30 tot 17:00 daagliks
Toegang is GRATIS
Plek: Arts on Acacia, Randburg, Johannesburg (Acacia-straat 286, Blackheath, Randburg)

Vir enige verdere navrae, stuur gerus ʼn epos na [email protected] of skakel (011) 888 9341.

*Name verander weens sekuriteitsredes.

Besonderhede

Start:
20th September 2019
End:
27th September 2019
Geleenthede Kategorie:

Plek

286 Acacia Street, Blackheath, Randburg
Back To Top
Soek