Skip to content

Geheime Projek: Voorsien oorlewingsvoorraad aan Noord-Koreaanse Christene

In Noord-Korea eet die elite hulself vol, terwyl die res verhonger. Daar is ʼn kritieke tekort aan kos – en tallose families krap deur die vullis en afval om te oorleef.

Joo Eun*, ʼn Noord-Koreaanse-vlugteling, deel…

“Die regering het ons aangeraai om in die berge gras te pluk en sop met ʼn bietjie sout te maak. Dit het aaklig geproe, regtig bitter.”

Die dun sop was nie genoeg om Joo Eun se jonger broer aan die lewe te hou nie. Toe hy aan die einde van sy lewe gekom het, moes Joo Eun die ondenkbare doen en van sy liggaam ontslae raak.

Die lewe is moeilik vir almal in Noord-Korea, maar Christene word dikwels die slegste van almal behandel. Diegene wie se geloof ontdek word, word óf tereggestel óf na arbeidskampe gestuur.

Dit is geen wonder dat Noord-Korea gelys word as die wêreld se ergste vervolger van Christene nie. En tog, glo Geopende Deure se medewerkers dat daar meer as 300,000 Christene binne die grense van Noord-Korea is. Berigte bevestig selfs dat die Kerk groei.

Jou geskenk hieronder sal ʼn reddingslyn wees vir hierdie Christene deur ʼn dringende R979,409-doelwit te help bereik – wat hulle sal voorsien van kosvoorraad, lewensreddende medisyne en klere.

Daar is nie tyd vir versuim nie. Reageer nou om lewensreddende kos en noodleniging te stuur aan Christene in Noord-Korea.

Onthou: Hierdie inligting moet asseblief konfidensieel gehou word ter wille van ons broers en susters se veiligheid.

*Naam verander vir sekuriteitsredes.

 **Indien die R979,409-doelwit oorskry word, sal jou geskenk aangewend word waar dit die meeste benodig word.

Back To Top