skip to Main Content

Wêreldwaarnemingslys: Bid vir die Midde-Ooste

#7Irak was die tuiste van 1,2 miljoen Christene in die 1990’s. Tans, as gevolg van gedwonge ontworteling, is daar net ʼn beraamde 250,000 Christene oor.

#6 – Tussen 300,000 en 1,000,000 Christene het Sirië verlaat sedert die burgeroorlog in 2011 uitgebreek het. Vandag bly daar ongeveer 795,000 Christene oor.

#21 – Soveel as 77 Christene is in Egipte vermoor deur die Islamitiese Staat, in nét die eerste helfte van hierdie jaar.

#8 – In 2016 alleen, in Iran, is ten minste 193 Christene gearresteer of opgesluit.

Die Arabiese Lente van 2010 was aanvanklik gesien as ʼn pro-demokrasie, anti-korrupsie beweging wat in Tunisië en Egipte begin het. Maar militante Islamitiese groepe het die momentum spoedig gekaap. Dit was nie lank voordat goed-befondsde en gewelddadige Islamitiese ekstremistiese groepe, oproere regoor die Midde-Ooste veroorsaak het nie. Libië, Irak, dele van Egipte en Sirië het in burgeroorloë verval, wat letterlik honderde duisende Christene van hulle eertydse tuislande ontheem het.

Vandag, het twee lande in die streek, Saoedi-Arabië en Iran, mag in die Midde-Ooste verkry nadat die Verenigde State hul weermag uit die streek onttrek het. Jemen het ʼn woesteny geword na die inval van Saoedi-Arabië, met baie Christene wat in die kruisvuur vasgevang is. Terwyl in Iran, ʼn rekordgetal huiskerk-Christene gearresteer is, en talle is in die proses om hulle bestaansmiddele te verloor nadat hulle geweldige groot boetes opgelê is.

Christene in die Midde-Ooste het nodig dat ons saam met hulle in gebed staan. Dus, asseblief…

  • Bid vir die beskerming van Christene wat vasgevang is in oorlog en vervolging – dat God hulle sal versterk en in staat sal stel om te volhard.
  • Bid vir gelyke regte en burgerskap vir Christene en ander minderhede, sodat hulle sonder vrees kan terugkeer na hulle tuislande.
  • Bid vir Christene wat vir hul geloof opgesluit is – dat God hulle sal beskerm en die krag sal gee om die Evangelie in die tronk te versprei.
Back To Top
Soek