Skip to content

Dankie dat jy saam met Sohan staan!

Christene in Indië wat die Evangelie daadwerklik deel, is in groot gevaar om geslaan of gearresteer te word. Een so gelowiges is Sohan*. Verlede jaar, het hy en sy pastoor intense vervolging aan die hande van dorpsmense verduur, wat hulle wreedaardig geslaan, beledig en valse getuienis teen hulle gelewer het. “Ons was soos slaansakke…. Hulle het ons gevra om Hindoe-gode en -godinne te loof. Ons het geweier. Hulle het ons harder geskop,” het Sohan gesê.

Nadat die twee van hulle vir omtrent ʼn uur lank geslaan is, het die dorpsmense die polisie gebel en vir Sohan en sy pastoor forseer om ʼn Nuwe Testament vas te hou, terwyl hulle valslik getuig het dat hulle besig was om mense na Christenskap te bekeer. Beide mans is gearresteer.

Te danke aan vriende soos jy, het Sohan nie nodig gehad om lank in die tronk te bly nie. Deur jou ondersteuning het vennote van Geopende Deure vir hom borg gestaan en help hulle nou om die valse aanklagte teen hom te beveg.

“Ek is dankbaar vir julle organisasie se hulp. Julle het die vervolgde mense versterk en hulle gewys dat julle saam met hulle staan,” het Sohan gesê.

God het ook Sohan se tyd in die tronk gebruik om sy getuienis met sy medegevangenes te deel, waarna drie van hulle, hul lewens vir Christus gegee het. En Hy het Sohan bemoedig deurdat hy ander Christene ontmoet het wat ook valslik beskuldig en in die tronk gegooi is.

Namate vervolging in Indië toeneem, benodig meer Christene soos Sohan bemoediging. Dit is hoekom jou geskenke gedurende ons Wêreldwye Somersaanslag-veldtog so belangrik is om te verseker dat die Kerk in Indië in staat is om die broeiende storm te deurstaan. So dankie vir jou vennootskap!

*Naam verander vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek