Skip to content

Jy help om Christene in Tibet te ondersteun en op te pas!

Boeddhisme is baie diep gewortel in die Tibettaanse kultuur. Tibettane word in Boeddhisme gebore en is onder ʼn sterk greep van dié geloof. Indien hulle dus bekeer, word hulle as verraaiers van hulle erfenis gesien en deur die samelewing verneder.

Teresa*, ʼn Gelowige vanuit ʼn Boeddhistiese Agtergrond, het diskriminasie deur haar familie en kollegas in die gesig gestaar toe sy gekies het om Christus te volg. ʼn Paar jaar gelede, het sy haar voltydse werk van amper 20 jaar verlaat om God te dien. Vandag, is sy een van die hoofleiers in China wat Tibettaanse Christene ondersteun en oppas.

Te danke aan jou gebede en ondersteuning, was Geopende Deure in staat om Teresa te help, deur haar toe te rus om Tibettaanse Christene te bedien met opleiding, mentorskap en praktiese bystand.

Xiao Yun*, Geopende Deure se Chinese direkteur, werk al vir amper twee jaar met Teresa en haar dissipels deur hulle op te lei en toe te rus. “In die begin het Teresa vaardighede en kennis gekort om dissipels te lei. Haar groepe was nie standvastig nie,” het Xiao gesê. Maar, vandag, te danke aan jou ondersteuning, is Teresa meer volwasse in beide haar leierskapsvaardighede en Bybelse kennis.

Teresa is dankbaar vir alles wat jy gedoen het om haar te help om na Christenbroers en -susters om te sien in China. Hou asseblief aan om vir Teresa te bid, terwyl sy voorberei om uit te gaan en te soek na geïsoleerde Tibettaanse Christene, sodra haar groepe beter ontwikkel en meer onafhanklik is.

*Name verander en verteenwoordigende foto gebruik vir sekuriteitsdoeleindes.

Back To Top
Soek