Skip to content

Jy bring hoop aan Noord-Koreane soos Hannah

Om Christus in Noord-Korea te volg is meestal gelykstaande aan gevangeneskap, marteling of die dood, siende dat die regering Christene as ʼn “vyandige”-klas beskou.

Noord-Koreaanse Christene moet dus hul geloof in die geheim beoefen.

Ontmoet vir Hannah Cho*. Sy het al baie uitdagings in haar lewe verduur – oorlog, gevangeneskap, vervolging en die verlies van haar man.

Hannah het tydens die Koreaanse Oorlog grootgeword en het nooit van God geweet nie. Haar enigste herinnering aan enige iets Christelik, was van haar gelowige ma, wat sy gereeld sien bid het.

“Ek en my pa moes uitkyk vir die bure. As enige iemand naby gekom het, sou ons gehoes het en dan sou sy ophou bid het…” het Hannah gesê.

Jare later het Hannah, haar man, en hulle kinders na China getrek op soek na ʼn beter lewe. “ʼn Familielid van my man het ons kerk toe geneem, en dit is waar ons die eerste keer die volle Evangelie gehoor het. Almal van ons het Jesus Christus daardie dag aangeneem.”

Hannah en haar gesin is so erg gemartel dat hulle mekaar skaars herken het nadat hulle vrygelaat en herenig is.

Hulle is deur Chinese geheimeagente ontdek, gearresteer en uiteindelik teruggestuur na Noord-Korea toe, waar hulle opgesluit en gemartel is. “Hulle het ons so erg geslaan. Wanneer daar nie ondervragings was nie, moes ons in ons selle kniel van 5vm tot 12nm en nie praat nie.”

Hannah se hele gesin is toe in alleenaanhouding geplaas oor hulle Christelike geloof. Gedurende hulle gevangeneskap, is hulle so erg gemartel dat hulle mekaar skaars herken het nadat hulle vrygelaat en herenig is.

Hulle het dadelik begin planne maak om weer na China toe te vlug. Hannah en haar dogter was die eerstes om te gaan; haar man en seun was veronderstel om hulle ʼn maand later te ontmoet. Maar ʼn maand het drie jaar geword, sonder dat Hannah enige iets van haar man af gehoor het.

“Ek het uitgevind dat [my man] gesterf het, kort nadat ons weg is. Hy kon net nie van die pyn en siektes van die tronkstraf herstel nie. My seun… is steeds in Noord-Korea. Ek het hom jare laas gesien of met hom gepraat.”

Hierdie is die naakte realiteit vir baie Noord-Koreaanse Christene. Maar te danke aan vriende soos jy, ontvang so baie “Hannahs” in Noord-Korea die hoop, krag en moed wat hulle nodig het om sterk te staan in die geloof. Dis omdat vriende soos jy hulle help voorsien van noodsaaklike ondersteuning soos voedselhulp, klere en medisyne.

Dus, namate die behoeftes van ons broers en susters in plekke soos Noord-Korea aanhou om toe te neem, staan asseblief saam met ons in gebed terwyl ons, ons Wêreldwye Somersaanslag-veldtog hierdie maand loods. Bid dat baie vriende ruimhartig sal gee om te help om meer gelowiges, soos Hannah, te help wat leef waar geloof die meeste kos!

Back To Top
Soek