Skip to content

In 2010 het Pastoor Tika Ram*, van Bhoetan, ʼn 16-jarige meisie gedoop wat aan asma en epilepsie gely het. Beide haar ouers was teenwoordig by die doop en het nie beswaar gemaak teen haar doop nie. En, deur ʼn wonderwerk, is sy op daardie tydstip van haar siektes genees.

Amper agt jaar na haar doop, is die meisie met nierversaking gediagnoseer. En verlede jaar het haar pa ʼn saak teen Pastoor Tika gemaak, en hom daarvan beskuldig dat hy haar nierversaking veroorsaak het deur die doop wat in 2010 gedoen is. Alhoewel dit verregaande is, is Pastoor Tika skuldig bevind deur die owerhede en word hy nou verantwoordelik gehou vir haar mediese onkostes.

Lede van sy kerk, het goedgunstiglik aangebied om die kerk se tiendes te gebruik om die onkostes te dek. Hiermee, en die bietjie spaargeld wat hy gehad het, het Pastoor Tika die eerste paaiement in Desember 2016 betaal, en hy gaan voort om die oorblywende skuld op ʼn maandelikse basis te betaal.

Dit is hartseer dat situasies soos hierdie nie ongewoon is in geslote lande nie. Christene, en veral kerkleiers, loop die gevaar van belaglike aanklagtes teen hulle oor hul geloof in Jesus Christus. Maar te danke aan jou gebede kan hulle sterk staan!

*Naam verander vir sekuriteitsredes.

 

Back To Top
Soek