Skip to content

Dit is reeds vyf jaar sedert Damaris Kioko se man, Jackson Kioko, wreed vermoor is omdat hy in Kenia geëvangeliseer het – en dit, net ʼn week na hulle troue. Vandag, prys ons die Here want in Julie 2017 het Damaris met haar tweede man, Steve, getrou!

“Dit was ʼn moeilike tyd vir my, maar God het my versterk en my in Sy hande gedra. Hy het vir my vriende van om die hele wêreld heen gegee, wat vir my gebid en my bemoedig het. Ek is bemoedig en versterk, en my geloof is nou sterker en groter as wat dit was,” het Damaris gesê.

Jou gebede en woorde van bemoediging het Damaris gehelp in een van die donkerste tye in haar lewe. Nou het sy haar eie bediening van bemoediging, deur musiek, begin. En sy het haar tweede album, Kwango Kingine (ʼn Nuwe Vlak) vrygestel.

Terwyl sy ʼn nuwe hoofstuk in haar lewe saam met Steve begin, het Damaris gevra dat ons bid vir ʼn gelukkige, voorspoedige en langdurende huwelik vir hulle. En dat God hulle sal seën met kinders wat Hom van ʼn vroeë ouderdom sal ken, en lewenslank vir Hom sal leef.

Back To Top
Soek