Skip to content

Beste Vriend/in van die vervolgde Kerk,

My vaderhart roep uit wanneer ek kinders sien wat deur vervolging aangeraak word.

Ek lees stories soos Marian s’n (bladsy 1), en my hart breek wanneer ek besef hoe donker die wêreld is.

Maar in Mattheus 5:14 roep Jesus vir jou en my om die lig te wees. Hy sê, “Julle is die lig van die wêreld.”

Ons rol as gelowiges is om in hierdie donker wêreld te skyn met ʼn helderheid wat net van Jesus Christus af kan kom – wie die bron van Lig is. Soos wat ons doen, verdryf ons die duisternis. En deur jou ondersteuning om die vervolgde Kerk te versterk, help jy om te verseker dat hulle lig aanhou om te skyn in van die donkerste plekke in die wêreld.

Met ons lig wat saam skyn, hoe sterker kan die lig wees en hoe verder kan dit die duisternis verdryf. Dit is hoekom ek so verootmoedig is deur jou, jou gebede en jou ondersteuning.

Jy versterk die vervolgde Kerk en help hulle om die duisternis van vervolging, hopeloosheid en vrees, te verdryf.

Dankie dus vir jou vennootskap – en vir jou biddende oorweging oor hoe jou Geskenk van Hoop vandag ons broers en susters kan help om die duisternis te verdryf, namate die vyand sy aanval versterk op die liggaam van Christus op die frontlinies van die geloof.

Mag God jou ryklik seen!

Saam in Sy diens,

Jan Gouws
Uitvoerende Direkteur
Geopende Deure Suider-Afrika

Back To Top
Soek