Skip to content

‘Elke Christen wat gevind word, is ʼn vyand’

Oor die afgelope paar jaar het die berigte van voortgesette geweld teen die hoofsaaklik Christenbevolking in die noordooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) groot kommer gewek.

Verlede November is twee dorpies, naby die dorp van Beni in die noordelike Kivu-provinsie, deur vermoedelike lede van die ‘Allied Democratic Forces’ aangeval. Die aanvallers het 5 Christelike burgers en 7 soldate vermoor. Hulle het ook minstens 13 volwassenes en kinders ontvoer, en baie eiendomme vernietig.

Een oorlewende het gesê, “Ek kon hoor hoe die aanvallers praat oor die area waarin hulle werksaam is en dat dit aan Moslems behoort en nie aan Christene nie, en dat elke Christen wat daar gevind word, is ʼn vyand.”

Bid asseblief vir vertroosting vir die wat geliefdes verloor het en dat God die aanvallers van hul sonde sal oortuig en hulle tot saligheid in Jesus sal lei. Mag die Here Sy kinders in die DRK beskerm namate hulle voortdurende aanvalle vir hul geloof in die gesig staar.

*Verteenwoordigende foto gebruik.

Back To Top
Soek