Skip to content

ʼn Nuwe hoop en ʼn nuwe toekoms begin hier

Anwar (25) van Sirië se hoop is geskud toe sy familie hom verwerp en uitgegooi het omdat hy ʼn volgeling van Jesus geword het. In sy donkerste uur het Anwar hoop gevind in Christus en by die Geopende Deure Sentrums van Hoop in Sirië.

Anwar is die seun van ʼn sjeik en kom uit ʼn vermoënde familie in Sirië. Om Jesus te volg, beteken dat hy alles verloor het – sy sekuriteit, status, erfporsie, familie, vriende en gemeenskap. Maar te danke aan Geopende Deure-ondersteuners, was ons vennote in staat om Anwar by te staan toe hy familie die nodigste gehad het. Hy is in die gemeenskap verwelkom by een van Geopende Deure se Sentrums van Hoop.

Mag jy vandag deur Anwar se getuienis bemoedig word. Ongeag van watse uitdaging jy in die gesig staar, bemoedig hy jou om “waagmoed te hê en die Here te vertrou want dit is die moeite werd. Dit is regtig alles werd!”

Hierdie sentrums regoor Irak en Sirië bied persies dít – hoop. Ons familie word bygestaan wanneer hulle voel dat alle hoop verlore is – deur Bybelse programme, sosio-ekonomiese ondersteuning, kinderprogramme, traumaberading, opvoedkundige ondersteuning en soveel meer.

KYK SY GETUIENIS HIER >>

Om homself te onderhou, het Anwar ʼn werk gekry om kinders by die sentrum Engels te leer. “Die Sentrum van Hoop het vir my ʼn nuwe begin gegee in my lewe, nadat my familie soos vreemdelinge geword het. Ek het niks gehad waaraan ek behoort nie, ek was alleen. Nou het ek ʼn nuwe familie in die kerk ontmoet… ek behoort nou aan hierdie nuwe familie. As dit nie vir die sentrum was nie, weet ek nie waar ek sou wees nie. Ek dink ek sou haweloos, honger en alleen gewees het,” deel hy.

Geopende Deure het ʼn visie om elke kerk in Irak en Sirië in ʼn Sentrum van Hoop te omskep – ʼn baken vir ons geloofsfamilie. Altesaam 65% van alle kerke in Irak (sowat 125 gemeentes) is alreeds in Sentrums van Hoop omskep. In Sirië is 20% van alle kerke (sowat 110 gemeentes) in Sentrums van Hoop omskep.

Jy kan hierdie visie vandag ondersteun sodat die goeie nuus ten volle verkondig sal word deur die voortdurende teenwoordigheid van ons familie in geloof in die moeilikste plekke.

Jy kan help om die lewens van meer gelowiges soos Anwar te verander deur die Sentrum van Hoop te ondersteun! Jou hulp sal nuwe hoop aan gelowiges gee in hul donkerste uur. Indien jy in staat is, oorweeg dit asseblief vandag biddend om hoop te gee aan meer gelowiges soos Anwar.

*Naam verander vir sekuriteitsredes.

Back To Top