skip to Main Content

Dankie dat jy terugveg deur die Wêreldwye Somersaanslag!

Christene in die grootste deel van Asië is ʼn kwesbare minderheid. Hulle staar diskriminasie, dreigemente, boetes, en fisieke mishandeling in die gesig. Kerke is afgebrand. Gelowiges is gevange geneem of doodgemaak.

Maar vandag kan jy meer Asiese gelowiges, soos Tim*, help om sterk te staan in hul geloof, selfs te midde van gewelddadige vervolging.

Toe Tim twee jaar gelede sy lewe vir Christus gee, was hy die heel eerste Christen in sy dorpie in Viëtnam. Sy bure was bang hy maak die geeste wat hulle aanbid kwaad, en het hom gesmeek om Christus te ontken. Toe hy weier, het die vervolging begin.

Nadat hy uit sy huis gesleep is, is Tim en sy familie geslaan, hul vee vermink, en hul oeste verwoes – dit het hulle sonder enige vorm van inkomste gelaat. Nie lank hierna nie, is ʼn prys op Tim se kop geplaas, en het hy met sy familie gevlug om ʼn gewisse dood vry te spring.

Tim se storie is nie ʼn geïsoleerde geval nie. Maar deur jou geskenk hieronder, sal jy help om gelowiges soos hy te voorsien van…

  • Noodsaaklike Bybels in hul hart-tale
  • Belangrike leierskap- en geletterdheidsopleiding
  • Lewensveranderende beroepsvaardighede en noodleniging

Dankie dus dat jy ruimhartig gee om terug te veg deur die Wêreldwye Somersaanslag.

*Naam verander vir sekuriteitsredes.

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek