Skip to content

Reageer nou om Indië se bedreigde Christene te bemoedig

Op hierdie oomblik verduur gelowiges regoor Indië intense vervolging. En dit bly die heeltyd net erger raak.

Ekstremiste verklaar openlik dat Indië ʼn Hindoe-land is en dat Christene geen reg het om die Evangelie te verkondig nie. Gelowiges wat aanhou om hul geloof te deel, kan erge gevolge verwag. Soos Pastoor Vipur – wat met ʼn kapmes aangeval is deur diegene wat teen sy bediening is.

“Ek is nog baie swak,” deel hy. “Ek het die gevoel in my gesig verloor en is doof in een oor. Ek het ook asemhalingsprobleme.

“Geestelik, is dit ʼn baie moeilike ervaring. Ek bly in ʼn dorpie waar mense my wil dood hê.”

Jy kan gelowiges soos Vipur versterk met jou geskenk hieronder. Namate vervolging toeneem, is dit belangrik dat ons ʼn doelwit van R614,000 bereik om talle programme te dek wat steeds onbefonds is − om hulp en hoop te bring aan broers en susters wat in gevaar is regoor Indië.

Vir hulle onthalwe, gee asseblief ruimhartig. Dankie!

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden

Back To Top
Soek