Skip to content

In die loopgraaf

Bykans 350 dorpenaars—meestal Christene—is sedert die begin van die jaar in Nigerië vermoor, tydens minstens 32 aanvalle deur Moslem Fulani-veewagters.

In een geval het Fulani-veewagters Christene in twee noordelike dorpies vir geen goeie rede aangeval. Terwyl vrouens en kinders vir hulle lewens gevlug het, het die mans agtergebly om die dorpie te probeer beskerm. Na beraming het 50 Christene gesterf, en die dorpenaars het meeste van hul eiendom in die brand, wat deur die aanvallers gestig is, verloor.

Een van die oorlewendes, 36-jarige Comfort Obida, het haar man in só ʼn aanval verloor. “Ek het ʼn oproep van my skoonouers gekry wat vir my gesê het, ‘Baba is weg. Hulle het hom doodgemaak,’” het sy gesê. Nou moet sy ʼn manier vind om vir haar vier kinders te sorg.

In die nasleep van die aanvalle is baie Christenvroue as weduwees en hul kinders sonder pa’s agtergelaat. Deur ons plaaslike vennote help Geopende Deure om die Christene wat deur die aanvalle geraak is te voorsien met noodhulp soos kos en klere sowel as opleiding en traumaberading. Bid vir God se beskerming vir Nigeriese Christene, en vir Sy vertroosting en voorsiening.

Back To Top
Soek