Skip to content

In die loopgraaf

Dit is met groot hartseer dat ons die afsterwe van Kadidja, die 12-jarige Gelowige vanuit ʼn Moslemagtergrond in Kameroen, vermeld. Ons het voorheen van haar geskryf in November se “In die Loopgraaf”. Haar onwankelbare geloof in Christus het ook haar ma, Haoua, na Jesus gelei. Prys God dat hulle eendag weer in die hemel verenig sal wees.

ʼn Paar jaar gelede is Kadidja gediagnoseer met lewersirrose, waaraan sy op 22 November 2017 oorlede is. Tot op die einde, het sy vas in die geloof bly staan. “Twee dae voor sy dood is, het sy haar ma gevra om die pastoor oor te nooi. En toe hy gekom het, het sy gevra om gedoop te word,” het veldwerker, Amora*, berig.

Hou asseblief aan om vir Haoua te bid, wat ook haar tweejarige dogtertjie verlede Oktober verloor het. Terwyl sy vir Kadidja hospitaal toe geneem het, is Haoua se jonger dogter, na ʼn kort siekbed oorlede, terwyl sy in die sorg van ʼn familielid was. Haoua het twee ander kinders: Bouba (8) en Sule (6).

Klik hier om ʼn brief van bemoediging aan Haoua te stuur.

*Naam verander vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek