Skip to content

Paasfees-aanval ruk Sri Lanka – maar jy help gelowiges om vas te staan

Op Paassondag hierdie jaar is Sri Lanka geruk deur van die dodelikste aanvalle op Christene in die geskiedenis. Drie kerke en drie hotelle is deur sewe selfmoordbomaanvallers geteiken. Die Islamitiese Staat het verantwoordelikheid geneem vir die aanvalle wat meer as 250 dood en meer as 500 ander beseer gelaat het.

Godsdienstige aanvalle van dié soort, grootte en intensiteit is ongekend in Sri Lanka. Maar jy bring hoop aan plaaslike gelowiges deur Geopende Deure.

ʼn Geopende Deure-medewerker het gesê, “Die mense is geruk deur hierdie insident en in skok… Die tragiese gebeure op Paassondag het ou koeie uit die sloot gegrawe. Die gruweldade van die Sri Lankaanse burgeroorlog is nog vars in die mense se geheue. Die 30-jaar burgeroorlog, wat in 2009 geëindig het, het mense met littekens gelaat omdat baie in konstante vrees geleef het gedurende daardie tyd.”

Bid asseblief vir jou broers en susters in Sri Lanka – vir genesing van die trauma en verlies wat hulle ervaar het. Bid dat hulle nie in vrees sal leef nie, maar God se liefde dapper sal bewys aan diegene om hulle.

Back To Top
Soek