Skip to content

Dankie dat jy help om gelowiges toe te rus vir aanlynbediening

In lande waar dit gevaarlik is om van aangesig-tot-aangesig oor die Evangelie te praat, is sosiale media ʼn kragtige alternatief om mense te bereik wat nog nie vir Christus ken nie.
Tog, is aanlynbediening nog taamlik nuut. En vir dié wat onervare is en in geslote lande woon, kan dit net so gevaarlik wees, soos om hul geloof in die openbaar te deel.

Dit is waarom jou ondersteuning om opleiding vir sosiale media, deur Geopende Deure, te help voorsien so groot seëning is. Deur jou vennootskap, leer ons kerkleiers hoe om ʼn aanlynbediening op te bou en om ander doeltreffend vir Christus te bereik deur die gebruik van Facebook, YouTube en ander sosiale media kanale.

Een van die gelowiges wat onlangs die sosiale media opleiding voltooi het, is die 22-jarige Raaif*. Hy kom vanuit ʼn Moslemagtergrond en is tans ook deel van ʼn klein huiskerkie in Noord-Afrika. Hy hoop om sy musikale gawes te gebruik om ander vir Jesus aanlyn te bereik.

Raaif vertel…

“Ek het begin om my aanbiddingsliedere in ʼn ateljee op te neem, en ek wil dit gebruik om ander met die Evangelie te bereik. Deur Facebook, YouTube en SoundCloud te gebruik, kan ek dit doen en steeds anoniem bly. Dít is wat ek geleer het gedurende hierdie opleiding.”

Dankie dat jy gelowiges toe rus om meer doeltreffend – en veilig – te wees wanneer hulle aanlyn bedien. En weet asseblief dat enige geskenk wat jy gelei voel om hieronder te gee, help om kritieke ondersteuning te voorsien aan vervolgde Christene van regoor die wêreld.

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

*Naam verander vir sekuriteitsredes

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek