Skip to content
Streek Midde-Ooste
Christelike bevolking 579 000 (3%)
Meederheidsgeloof Islam
Vernaamste bedreigings • Diktatoriale paranoia
• Islamitiese onderdrukking
• Stamonderdrukking
• Georganiseerde korrupsie en misdaad

Totale telling

81%

Druk

80%

Geweld

66%

Onlangse nuus

Elke R150

wat maandeliks gegee word, kan aan die dringendste behoeftes van gelowiges wêreldwyd voldoen.

12Sirië

Historiese kerke se leiers is veral kwesbaar vir aanvalle of ontvoering waar Islamitiese militante bedrywig is. Die meeste geboue wat aan sulke groepe behoort, is gesloop of op beslag gelê vir Islamitiese gebruik. Vir Christene wat in dié omgewings woonagtig is, is daar min ruimte om hul geloof uit te druk – en talle is met geweld uit hul huise verdryf.

In gebiede wat die regering beheer, verstewig die owerhede hul greep op diegene wat moontlik, volgens hulle, ʼn bedreiging vir die sosiale stabiliteit kan wees – insluitend bekeerlinge vanaf Islam na Christenskap. Alhoewel alle Christelike gemeenskappe druk ervaar, is historiese kerke in ʼn sterker posisie as dié van nie-tradisionele kerkgroepe om hul regte te verdedig.

Die konflik duur regdeur Sirië voort en Christene word steeds in die kruisvuur vasgevang. Diegene wat kies om Islam te verlaat om Jesus te volg, kan grootskaalse druk van hul eie gesinne ervaar, veral dié wat in die Sunni-streke woon.

Ontmoet Ibrahim

“Weekliks verlaat ʼn Christen of ʼn gesin wat ek ken die land, veral die jonger geslag. Vir my is elke Christen om my in Sirië ʼn rede om in die land aan te bly. Maar dit word moeiliker as ek mense in my binnekring sien weggaan.”

Ibrahim (naam verander), Geopende Deure se plaaslike vennoot.

Wat doen Geopende Deure om te help?

Geopende Deure werk deur plaaslike kerkvennote en Sentrums van Hoop om die Kerk in Sirië te versterk. Dit word moontlik gemaak deur literatuurverspreiding, dissipelskap- en leierskapopleiding, traumaberading, beroepsopleiding, noodleniging en praktiese ondersteuning vir plaaslike ontworteldes en aardbewingslagoffers.

Bid asseblief

  • Bid dat God sal aanhou om Sy mense te help om sout en lig te wees ná verlede jaar se aardbewings.
  • Bid dat gelowiges vanuit ʼn Moslem-agtergrond krag sal put uit die Heilige Gees terwyl hulle teenstand ondervind.
  • Bid dat die Heilige Gees Siriese Christene sal verlig en verkwik.

Teken in om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek