Skip to content
Streek Asië
Christelike bevolking Honderde
Meederheidsgeloof Islam
Vernaamste bedreigings • Islamitiese onderdrukking

Totale telling

78%

Druk

92%

Geweld

5%

Onlangse nuus

Elke R150

wat maandeliks gegee word, kan aan die dringendste behoeftes van gelowiges wêreldwyd voldoen.

18Maledive

Die Maledive is ʼn eilandparadys en gewild vir die verwelkoming van toeriste van regoor die wêreld. Dié verwelkoming is ongelukkig nie van toepassing op Malediviërs wat verkies om Jesus te volg nie. Dié nasie verklaar homself 100% Moslem en om ʼn burger van die Maledive te wees, beteken om ʼn Moslem te wees.

Binne die land se hegte gemeenskappe word enige afwyking van Islamitiese waardes maklik raakgesien en by die owerhede of Moslem-leiers aangemeld. Diegene wat Islam verlaat, moet dus hul geloof geheim hou. Die gevaar is só groot dat mans, vroue en kinders dalk nie eers van mekaar se geloof bewus is nie. Indien dit ontdek word, kan gelowiges van hul burgerskap gestroop word, van die samelewing geïsoleer word en hul staatsvoordele vir die oortreding van Sharia (Islamitiese wetgewing) verloor.

Terwyl buitelandse Christene, wat meestal in die toerismebedryf werk, effens meer vryhede geniet as bekeerlinge, word hul byeenkomste streng deur die owerhede gemonitor en beheer. Buitelandse Christene word streng verbied om hul geloof met Malediviërs te deel. Die ondersoek van uitgewekenes het toegeneem ná ʼn bevel wat in 2022 deur die Islamitiese Ministerie uitgereik is.

Radikale Islam is ʼn bekommernis vir die owerhede. Tot dusver was Christene nie ʼn besondere teiken vir ekstremiste nie, maar dit is meer te wyte daaraan dat hulle ʼn lae profiel handhaaf en nie as ʼn teiken beskou word nie.

Wat doen Geopende Deure om te help?

Geopende Deure skep gebedsondersteuning vir vervolgde gelowiges in die Maledive.

Bid asseblief

  • Bid dat geheime gelowiges dié jaar toegang tot die Bybel in hul eie taal sal kry.
  • Bid dat ons familie groot bemoediging sal put uit die wete dat hulle deel is van ʼn globale familie.
  • Bid dat die komende presidensiële termyn versagtend teenoor godsdienstige minderhede sal wees.

Teken in om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek