Ranglysposisie | 49 | |
2021 ranglysposisie | 48 | |
Streek | Arabiese Skiereiland | |
Bevolking | 4 361 000 | |
Christelike bevolking | 520 000 (11,9%) | |
Meederheidsgeloof | Islam |
49Koeweit
In Koeweit word omskakeling vanaf Islam na ʼn ander geloof nie amptelik erken nie, en dit sal waarskynlik tot regsprobleme rakende kwessies soos persoonlike status en eiendom lei. Bekeerlinge na Christenskap vanaf Islam ervaar diskriminasie en teistering vanaf hul familie en gemeenskap, intimidasie deur Islamitiese groepe en selfs polisiemonitering.
Uitgewekene Moslems wat tot Christenskap bekeer, ervaar dieselfde vlakke van druk wat hulle in hul tuislande sou ervaar omdat hulle dikwels in hul eie nasionale of etniese gemeenskappe bly.
Dit is weens die potensiële ernstige nagevolge amper onmoontlik vir bekeerlinge om hul nuwe geloof te onthul. Dit is die rede waarom daar baie min rapportering is oor Christene wat weens hul geloof doodgemaak of benadeel word.
Hoewel uitgewekene Christene relatief vrylik kan aanbid, is dit dikwels moeiliker om ʼn plek te vind om bymekaar te kom. Christene moet baie versigtig wees wanneer hulle hul geloof deel, want proselitisering is onwettig en hulle kan uit die land verban word.
Wat het vanjaar verander? Ondanks die feit dat die land een posisie teruggesak het op die Wêreldwaarnemingslys, het min vir Christene in Koeweit verander. Bekeerlinge vanaf Islam ervaar voortdurend ernstige teenkanting van hul families en gemeenskappe – en hierdie vyandigheid het die afgelope jaar nog erger geword.
Ontmoet ʼn Christen in die Arabiese Skiereiland
“Die Woord van God word hier geëet. Mense is so honger vir die Woord dat dit net sy weg na hulle moet vind.”
ʼn Christen-werker in die Arabiese Skiereiland (Februarie 2017).
Hoe help Geopende Deure Christene in die Arabiese Skiereiland?
Geopende Deure ondersteun die Liggaam van Christus in die Arabiese Skiereiland deur gebed, die verspreiding van Bybelse hulpbronne en die opleiding van gelowiges en pastore. Om die betrokkenes te beskerm, maak ons nie gedetailleerde inligting oor hierdie programme bekend nie.