Skip to content
Streek Midde-Ooste
Christelike bevolking 1 245 000 (1,4%)
Meederheidsgeloof Islam
Vernaamste bedreigings • Islamitiese onderdrukking
• Diktatoriale paranoia

Totale telling

86%

Druk

90%

Geweld

65%

Onlangse nuus

Elke R150

wat maandeliks gegee word, kan aan die dringendste behoeftes van gelowiges wêreldwyd voldoen.

9Iran

Indien jy deel uitmaak van ʼn tradisionele Christelike gemeenskap in Iran, word jou geloof heel waarskynlik geduld. Maar jy word nie toegelaat om te aanbid of om die Bybel in Farsi, Iran se taal, te lees of enige kontak te hê met Christene wat vanaf Islam tot bekering gekom het nie. Indien jy betrap word dat jy bekeerlinge ondersteun, kan jy tronkstraf opgelê word.

Bekering vanaf Islam na Christenskap is onwettig in Iran en die regering beskou dit as ʼn poging van die Weste om Islam en Iran se Islamitiese regering te ondermyn. Dit beteken dat enigiemand wat as lid van ʼn huiskerk uitgewys word van ʼn misdaad teen nasionale veiligheid aangekla kan word, wat tot lang tronkstraf kan lei. Enigiemand wat gearresteer of aangehou word, kan gemartel en mishandel word terwyl hy in die tronk is.

Christen-bekeerlinge wat Islam verlaat, kan hul erfenis verloor. Ongetroude Christene kan gedwing word om met ʼn Moslem te trou en getroude gelowiges kan gedwing word om te skei of hul kinders verloor.

Ontmoet Sanaz

“Ek het gesien (en sien steeds) hoe Hy mense verander! Vahid was byvoorbeeld ʼn seun wat my gevloek het en my baie moeilikheid gegee het. Toe ek vir hom die eenvoudige waarheid vertel dat Jesus lief is vir hom, het hy opgehou. Vandag dien Vahid die Here saam met my. Dit is vir my bemoedigend en ʼn seën om sulke transformasies te aanskou. Dit is nie maklik nie, maar beslis die moeite werd.”

Sanaz (naam verander), ʼn Christen-bekeerling in Iran.

Wat doen Geopende Deure om te help?

Geopende Deure skep gebedsondersteuning vir vervolgde gelowiges in Iran.

Bid asseblief

  • Bid vir die beskerming van geheime bekeerlinge vanaf Islam en dat hulle samesyn sal vind.
  • Vra God om die harte van die Iranse regering te verander om vryheid vir alle godsdienste toe te laat.
  • Soos die Kerk groei, vra God om voort te gaan om Sy Gees op Iranse gelowiges uit te stort.

Teken in om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek