Skip to content
Streek Midde-Ooste
Christelike bevolking 154 000 (0,4%)
Meederheidsgeloof Islam
Vernaamste bedreigings • Islamitiese onderdrukking
• Stamonderdrukking
• Georganiseerde korrupsie en misdaad
• Diktatoriale paranoia

Totale telling

79%

Druk

86%

Geweld

47%

Onlangse nuus

Elke R150

wat maandeliks gegee word, kan aan die dringendste behoeftes van gelowiges wêreldwyd voldoen.

16Irak

Die Christelike gemeenskap gaan voort om te herbou en te herstel terwyl hulle van die Islamitiese Staat-groep se gruwels genees. Boonop duur Turkse en Iranse lugaanvalle in sommige dele van Irak voort, wat Christelike gemeenskappe raak.

Die historiese Christelike gemeenskappe in Irak ervaar ook struikelblokke met vervolging en diskriminasie, veral van Islamitiese militante groepe en nie-Christelike leiers. Op plekke waar hulle beduidend in die minderheid is, vertoon Christene dikwels nie Christelike simbole in die openbaar nie. Dit kan lei tot teistering of mishandeling by kontrolepunte, universiteite, werkplekke of regeringskantore.

Enigiemand wat vanaf Islam tot bekering kom, sal waarskynlik hoë druk van hul gesinne en gemeenskappe ondervind. Hulle kan gedreig of mishandel word, familielede verloor, onder druk geplaas word of selfs vermoor word. Bekering kan ook praktiese gevolge inhou, insluitend die verlies van erfenis en ʼn gebrek aan geleenthede.

Ontmoet biskop Daniel

“Ek droom dat Irak se Christen-jeug hul drome kan verwesenlik en dat hulle meer veerkragtig sal wees. Só kan hulle werk om hul voortbestaan te verseker. My groot droom is dat die jeug hier sal bly. Ons het hulle regtig in die toekoms nodig om ons gemeenskap na ʼn beter plek te lei.”

Biskop Daniel, ʼn kerkleier in Noord-Irak.

Wat doen Geopende Deure om te help?

Geopende Deure se plaaslike vennote versterk die Kerk in Irak met opleiding, traumasorg, Bybels en Christelike boeke, lewensbestaanprojekte en mikrolenings, hulp om huise en kerke te herbou en krisisverligting.

Bid asseblief

  • Vra God om Christene en kerke wat slagoffers van diskriminasie in Irak is, te help volhard.
  • Vra God om kerke en Christene te ondersteun om voort te gaan om hul wortels in Irak te verdiep.
  • Bid vir Geopende Deure se werk wat traumasorg in Irak ondersteun.

Teken in om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek