2017–2018 Wêreldwye Somersaanslag:
Jou geskenk vandag sal vervolgde gelowiges versterk op ons eie kontinent!
Vervolging in Afrika is niks nuuts nie. Gelowiges in die Islamitiese lande van die noorde, asook diegene in die Horing van Afrika word al vir baie lank onderdruk, gemarginaliseer en mishandel.
Maar vandag word vervolging op ons eie kontinent meer algemeen as ooit tevore. Ekstremistiese Islam beweeg suid, en Christene staar toenemende vyandigheid en druk in die gesig in lande wat nie ʼn Moslem-meerderheid het nie.
Jou Wêreldwye Somersaanslag-geskenk hierdie maand sal help om Christene wat swaarkry, regoor Afrika te help deur:
• Die voorsiening van traumasorg, skuilhuise en noodleninging vir diegene in uiterse gevaar
• Kerkleiers op te lei en toe te rus om nuwe vlae van vervolging te kan verduur en hanteer
• Gelowiges te bemoedig en te vertroos deur God se Woord af te lewer en dit te leer
Jou geskenk help ook om die kritieke R10,7 miljoen Wêreldwye Somersaanslag-doelwit te haal, wat teen die 28ste Februarie bereik moet word, om in die behoeftes te voorsien van Christene wat leef waar geloof die meeste kos – hier in Afrika en regoor die wêreld.
Dankie vir jou ruimhartigheid!